Psalms 21:1-13

  • Seëninge vir koning wat op Jehovah vertrou

    • Lang lewe vir koning (4)

    • God se vyande sal vernietig word (8-12)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 21  O Jehovah, die koning is bly as gevolg van u krag.+ Hoe bly is hy tog oor u reddingsdade!+  2  U het hom die begeerte van sy hart gegee,+en u het nie die versoek van sy lippe geweier nie. (Sela)  3  Want u kom hom tegemoet met ryk seëninge. U sit ’n kroon van suiwer* goud op sy kop.+  4  Hy het u vir lewe gevra, en u het dit vir hom gegee,+’n lang lewe,* vir ewig en altyd.  5  U reddingsdade bring vir hom groot heerlikheid.+ Waardigheid en prag gee u vir hom.  6  U maak hom vir ewig geseënd.+ U maak hom bly met die vreugde van u teenwoordigheid.+  7  Want die koning vertrou op Jehovah.+ As gevolg van die lojale liefde van die Allerhoogste sal hy altyd standvastig wees.*+  8  U hand sal al u vyande vind. U regterhand sal u haters vind.  9  U sal hulle soos ’n vuuroond maak op die vasgestelde tyd wanneer u u aandag op hulle rig. Jehovah sal hulle in sy woede vernietig, en vuur sal hulle verteer.+ 10  U sal hulle nakomelinge* van die aarde af vernietig,en hulle nageslag onder die mense uit. 11  Want hulle wou aan u doen wat sleg is.+ Hulle het planne beraam wat nie suksesvol sal wees nie.+ 12  Want u sal hulle laat terugtrek+deur u boog* op hulle te mik. 13  Staan op, o Jehovah, in u krag. Ons sal lofliedere sing* tot die eer van u mag.

Voetnote

^ Of “gesuiwerde”.
^ Lett. “lengte van dae”.
^ Of “nooit wankel nie”.
^ Lett. “vrug”.
^ Lett. “boogsnare”.
^ Lett. “sing en musiek maak”.