Jy word uitgenooi

Herdenking van Jesus se dood

Donderdag 2 April 2026

Ons nooi jou na twee gratis geleenthede

Spesiale Bybeltoespraak

“Wie sal die aarde herstel?”

Leer oor die wonderlike toekoms wat vir die aarde en die mensdom voorlê.

Vind ’n spesiale toespraak

Herdenking van Jesus se dood

By hierdie belangrike geleentheid herdenk Jehovah se Getuies die dood van Jesus net soos hy beveel het. – Lukas 22:19.

Algemene vrae

Wie kan kom?

Almal is welkom. Bring jou familie.

Hoe lank is die programme?

Die spesiale Bybeltoespraak sal ’n halfuur lank wees. Ná die toespraak sal daar ’n gehoorbespreking van ’n uur lank oor ’n Bybelonderwerp wees.

Die Gedenkmaalprogram sal omtrent ’n uur lank wees.

Waar sal die programme gehou word?

Om ’n vergaderplek te vind, kliek op “Vind ’n Gedenkmaal” of “Vind ’n spesiale toespraak” hierbo.

Sal daar enige iets van my verwag word?

Nee.

Sal kollektes opgeneem word?

Nee. Ons neem nooit kollektes op by ons vergaderinge nie. – Matteus 10:⁠8.

Moet ek op ’n sekere manier aantrek?

Nee. Maar Jehovah se Getuies probeer netjies en beskeie aantrek.

Wat sal by die Gedenkmaal gebeur?

Die vergadering begin en eindig met die sing van ’n lied, asook met ’n gebed deur ’n bedienaar van Jehovah se Getuies. Die program sluit ’n toespraak in wat verduidelik hoe belangrik Jesus se dood is en hoe ons kan baat vind by wat God en Christus vir ons gedoen het.

Vir meer inligting, sien die artikel: “Waarom verskil die manier waarop Jehovah se Getuies die Here se Aandmaal herdenk, van hoe ander godsdienste dit doen?

Wanneer sal die Gedenkmaal in die toekoms gehou word?

2026: Donderdag 2 April

2027: Maandag 22 Maart

2028: Sondag 9 April

Om meer uit te vind, kan jy na die volgende video’s kyk.

Herdenk Jesus se dood

Kyk hoe die Gedenkmaal gehou gaan word, en kry ’n voorsmakie van die wonderlike toekoms wat Jesus se dood moontlik maak.

Waarom het Jesus gesterf?

Jy het dalk al gehoor dat hy vir ons sondes gesterf het. Maar hoe kan miljoene mense regtig baat vind by die offerdood van een mens?

Wat gebeur by ’n Koninkryksaal?

Kliek hier en kyk self.

Laai hierdie uitnodiging in verskillende formate af.