Herdenking van Jesus se dood
Sondag 24 Maart 2024
Elke jaar herdenk Jehovah se Getuies die dood van Jesus net soos hy beveel het toe hy gesê het: “Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my.” – Lukas 22:19.
Ons nooi jou om hierdie geleentheid by te woon.
Algemene vrae
Hoe lank is die program?
Dit is omtrent ’n uur lank.
Waar sal dit gehou word?
Kontak Jehovah se Getuies om meer uit te vind oor plaaslike reëlings.
Moet ek betaal om dit by te woon?
Nee.
Sal kollektes geneem word?
Nee. Jehovah se Getuies neem nooit kollektes by hulle vergaderinge nie.
Wat moet ek aantrek vir die geleentheid?
Daar is nie spesifieke klere wat aangetrek moet word nie, maar Jehovah se Getuies probeer die Bybel se raad volg om beskeie en respekvol te wees wanneer dit kom by die klere wat hulle dra (1 Timoteus 2:9). Jou klere hoef nie duur of deftig te wees nie.
Wat sal by die Gedenkmaal gebeur?
Die vergadering begin en eindig met die sing van ’n lied, asook met ’n gebed deur ’n bedienaar van Jehovah se Getuies. Die grootste deel van die Gedenkmaal is ’n toespraak wat verduidelik hoe belangrik Jesus se dood is en hoe ons kan baat vind by wat God en Christus vir ons gedoen het.
Vir meer inligting, sien die artikel: “Waarom verskil die manier waarop Jehovah se Getuies die Here se Aandmaal herdenk, van hoe ander godsdienste dit doen?”