Psalms 59:1-17

  • God, ’n skild en ’n skuilplek

    • ‘Moenie genade betoon aan verraaiers nie’ (5)

    • “Ek sal van u krag sing” (16)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* Toe Saul manne gestuur het om Dawid se huis* dop te hou sodat hulle hom kon doodmaak.+ 59  Red my van my vyande, o my God.+ Beskerm my teen dié wat teen my opstaan.+   Red my van dié wat goddelose dinge doen,en red my van gewelddadige* manne.   Kyk! Hulle lê en wag om my onverwags dood te maak.+ Sterk manne val my aan,maar nie omdat ek opstandig was of gesondig het nie,+ o Jehovah.   Hoewel ek niks verkeerds gedoen het nie, hardloop hulle en maak hulle gereed om aan te val. Staan tog op wanneer ek roep, en kyk.   Want u, o Jehovah God van die leërmagte, is die God van Israel.+ Word tog wakker om u aandag te rig op al die nasies. Moenie genade betoon aan enige goddelose verraaiers nie.+ (Sela)   Hulle kom elke aand terug.+ Hulle grom* soos honde+ en sluip rond in die stad.+   Kyk wat uit hulle mond uitborrel. Hulle lippe is soos swaarde,+want hulle sê: “Wie luister?”+   Maar u, o Jehovah, sal vir hulle lag.+ U sal al die nasies bespot.+   O my Sterkte, ek sal op u bly wag,+want God is my veilige skuilplek.*+ 10  Die God wat lojale liefde aan my betoon, sal my kom help.+ God sal my laat sien hoe my vyande val.+ 11  Moet hulle nie doodmaak nie, sodat my volk nie sal vergeet nie. Laat hulle rondswerf deur u mag. Verslaan hulle, o Jehovah, ons skild.+ 12  Mag hulle deur hulle trots verstrik word weens die sonde van hulle mond, die woord van hulle lippe,+weens die vloek en die bedrieglike woorde wat hulle sê. 13  Maak ’n einde aan hulle in u woede.+ Maak ’n einde aan hulle, sodat hulle nie meer daar is nie. Laat hulle weet dat God in Jakob en tot aan die eindes van die aarde regeer.+ (Sela) 14  Laat hulle in die aand terugkom. Laat hulle soos honde grom* en in die stad rondsluip.+ 15  Laat hulle ronddwaal op soek na iets om te eet.+ Laat hulle nie versadig word of blyplek vind nie. 16  Maar ek sal van u krag sing.+ In die oggend sal ek met vreugde van u lojale liefde vertel. Want u is my veilige skuilplek+en ’n plek waarheen ek kan vlug in moeilike tye.+ 17  O my Sterkte, ek sal vir u lofliedere sing,*+want God is my veilige skuilplek, die God wat lojale liefde aan my betoon.+

Voetnote

Lett. “die huis”.
Of “bloeddorstige”.
Of “blaf”.
Of “veilige hoogte”.
Of “blaf”.
Of “musiek maak”.