Psalms 49:1-20

  • Onverstandig om op rykdom te vertrou

    • Geen mens kan ander loskoop nie (7, 8)

    • God koop mense los uit Graf (15)

    • Rykdom kan nie van die dood red nie (16, 17)

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie. 49  Luister hierna, alle volke. Skenk aandag, alle inwoners van die wêreld,*   klein sowel as groot,*ryk sowel as arm.   Wyse woorde sal uit my mond kom,en die bepeinsing van my hart+ sal toon dat ek begrip het.   Ek sal aandag gee aan ’n spreekwoord. Ek sal my raaisel verduidelik terwyl ek op die harp speel.   Hoekom moet ek bang wees in moeilike tye,+wanneer ek omring is deur die goddeloosheid* van dié wat my wil verslaan?   Daar is dié wat op hulle rykdom vertrou+en wat oor hulle groot rykdom spog.+   Maar nie een van hulle kan ooit ’n broer loskoopof ’n losprys aan God vir hom gee nie,+   (die losprys vir hulle lewe is so kosbaardat dit altyd buite hulle bereik sal wees)   sodat hy vir ewig sal lewe en nie die graf sal sien nie.+ 10  Hy sien dat selfs wyse mense sterf. Dom en dwase mense sterf almal,+en hulle moet hulle rykdom vir ander los.+ 11  Hulle innerlike wens is dat hulle huise vir ewig sal bly staan,hulle tente van geslag tot geslag. Hulle het hulle eiendom na hulleself vernoem. 12  Maar die mens, al word hy geëer, sal nie bly lewe nie.+ Hy is niks beter as die diere wat doodgaan nie.+ 13  Dit is die weg van die dwase+en van dié wat hulle volg, wat van hulle leë woorde hou. (Sela) 14  Hulle word soos skape na die Graf* gestuur. Die dood sal hulle herder wees. Die regverdiges sal in die oggend oor hulle regeer.+ Elke spoor van hulle sal verdwyn.+ Hulle sal in die Graf*+ woon eerder as in ’n paleis.+ 15  Maar God sal my uit die mag* van die Graf* loskoop,+want hy sal my daaruit neem. (Sela) 16  Moenie bang wees omdat ’n man ryk word,omdat die prag van sy huis toeneem nie, 17  want wanneer hy sterf, kan hy niks saam met hom neem nie.+ Sy heerlikheid sal nie saam met hom afgaan nie.+ 18  Want gedurende sy leeftyd wens hy homself geluk.+ (Mense prys jou wanneer jy voorspoedig is.)+ 19  Maar uiteindelik sluit hy by die geslag van sy voorvaders aan. Hulle sal nooit weer die lig sien nie. 20  ’n Mens wat dit nie verstaan nie, al word hy geëer,+is niks beter as die diere wat doodgaan nie.

Voetnote

Of “stelsel van dinge”.
Lett. “seuns van die mensdom sowel as seuns van die mens”.
Lett. “oortreding”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “hand”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.