DIE BYBEL – NUWE WÊRELD-VERTALING (2019-HERSIENING)

’n Inleiding tot God se Woord

Afrikaans
’n Inleiding tot God se Woord
https://cms-imgp.jw-cdn.org/img/p/1001061100/univ/wpub/1001061100_univ_sqr_xl.jpg
nwt bl. 5

’n Inleiding tot God se Woord

HOE OM BYBELVERSE TE VIND

Die Bybel is ’n versameling van 66 kleiner boeke. Dit is in twee dele verdeel: die Hebreeus-Aramese Geskrifte (“Ou Testament”) en die Griekse Geskrifte (“Nuwe Testament”). Elke Bybelboek is in hoofstukke en verse verdeel. Wanneer ’n teks aangegee word, bestaan die verwysing uit ’n boeknaam, gevolg deur ’n nommer wat die hoofstuk aandui sowel as ’n nommer of nommers wat die vers of verse aandui. Byvoorbeeld, Genesis 1:1 verwys na Genesis hoofstuk 1, vers 1.