Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VRAAG 2

Hoe kan jy van God leer?

“Hierdie Wetboek moet op jou lippe bly, en jy moet dit dag en nag lees en daaroor nadink, sodat jy alles wat daarin geskryf is, streng kan gehoorsaam, want dan sal jy suksesvol wees, en dan sal jy wys optree.”

Josua 1:8

“Hulle het bly voorlees uit die boek, uit die Wet van die ware God, en het mooi verduidelik wat dit beteken. Hulle het die volk dus gehelp om te verstaan wat voorgelees word.”

Nehemia 8:8

“Gelukkig is die man wat nie die raad van die goddeloses volg nie . . . Hy vind vreugde in die wet van Jehovah, en dag en nag lees hy Sy wet en dink hy daaroor na. . . . Alles wat hy doen, sal suksesvol wees.”

Psalm 1:1-3

“Filippus het langs die strydwa gehardloop en het gehoor hoe die eunug uit die boek van die profeet Jesaja lees, en hy het gevra: ‘Verstaan u regtig wat u lees?’ Hy het gevra: ‘Hoe kan ek dit ooit verstaan as iemand my nie lei nie?’”

Handelinge 8:30, 31

 “Sy onsigbare eienskappe, ja, sy ewige krag en Godheid, word van die wêreld se skepping af duidelik gesien omdat dit waargeneem kan word in die dinge wat gemaak is. Daarom het hulle geen verskoning nie.”

Romeine 1:20

“Dink na oor hierdie dinge, wees verdiep daarin, sodat almal jou vooruitgang duidelik kan sien.”

1 Timoteus 4:15

“Laat ons aandag skenk aan mekaar sodat ons mekaar tot liefde en goeie werke kan aanspoor. Ons moenie ons vergaderingbywoning verwaarloos . . . nie.”

Hebreërs 10:24, 25

“As een van julle dan wysheid nodig het, moet hy aanhou om God te vra, want hy gee oorvloedig aan almal sonder om te verwyt, en hy sal wysheid ontvang.”

Jakobus 1:5