VRAAG 8
Is dit God se skuld dat mense ly?
“Die ware God sal nooit goddeloos optree nie! Die Almagtige sal nooit verkeerd doen nie!”
“Laat niemand wat deur ’n moeilike tyd gaan, sê: ‘Ek word deur God getoets’ nie. Want God kan nie met slegte dinge getoets word nie, en hy toets ook niemand met slegte dinge nie.”
“Gee al julle bekommernisse oor aan God, want hy gee om vir julle.”
“Jehovah is nie traag om sy belofte te vervul, soos party mense dink nie, maar hy is geduldig met julle omdat hy nie wil hê dat enigiemand vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal berou moet toon.”