Spring na inhoud

STREEF VREDE NA!

Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vir 2022

Ons wil jou graag uitnooi om al drie dae van hierdie jaar se streekbyeenkoms wat deur Jehovah se Getuies gehou gaan word, te kyk.

As gevolg van die COVID-19-pandemie word hierdie jaar se streekbyeenkomsprogram aanlyn op jw.org aangebied. Sessies sal in dele in Julie en Augustus beskikbaar gemaak word.

Program is gratis. Geen aanmelding of registrasie is nodig nie.

Hoogtepunte van die program

Vrydag se sessies: Vind uit hoe liefde ons help om vrede in onsself en vrede met ander te hê. Sien hoekom die Bybel se raad vir getroude mense, ouers en kinders “die padkaart na vrede in die gesin” genoem kan word.

Saterdag se sessies: Is dit moontlik om vrede te geniet as jy sukkel met siekte, ekonomiese probleme, natuurrampe of ander probleme? Kyk na ’n aanmoedigende video wat wys wat mense regoor die wêreld doen om vrede te geniet.

Sondag se sessies: Kan ons regtig God se vriende word? Word ons net outomaties vriende van God of moet ons iets doen om sy vriend te kan word? Kry die antwoorde op hierdie vrae in die Bybeltoespraak “Vriendskap met God – Hoe is dit moontlik?”

Sien ‘n volledige program vir en kyk na ‘n video oor ons streekbyeenkomste.