Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VRAAG 16

Hoe kan jy bekommernisse en stres hanteer?

“Gee jou las vir Jehovah, en hy sal jou ondersteun. Hy sal die regverdige nooit laat val nie.”

Psalm 55:22

“Die planne van hardwerkende mense lei tot sukses, maar almal wat oorhaastig is, sal arm word.”

Spreuke 21:5

“Moenie bang wees nie, want ek is met jou. Moenie angstig wees nie, want ek is jou God. Ek sal jou versterk, ja, ek sal jou help. Ek sal jou stewig vashou met my regterhand van regverdigheid.”

Jesaja 41:10

“Wie van julle kan een el by sy lewe voeg deur hom te bekommer?”

Matteus 6:27

“Moet . . . nooit bekommerd wees oor die volgende dag nie, want die volgende dag sal sy eie bekommernisse hê. Elke dag het genoeg van sy eie probleme.”

Matteus 6:34

 “Maak [seker] van die belangriker dinge.”

Filippense 1:10

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar vra God in elke situasie om julle te help deur tot hom te bid, hom te smeek en hom te dank. Dan sal die vrede van God, wat alle denke oortref, julle harte en julle verstande beskerm deur middel van Christus Jesus.”

Filippense 4:6, 7