Watchtower Library
Watchtower Library is ’n versameling van Bybels en publikasies van Jehovah se Getuies. Dit sluit die Bybelensiklopedie Insight on the Scriptures, boeke, brosjures, pamflette en tydskrifte in. Dit het ook uitstekende hulpmiddele om navorsing te doen, soos die Watchtower Publications Index en die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies. Jy kan ’n woord, frase of Bybelaanhaling in enigeen van hierdie publikasies opsoek.
Die aflaai-lêer se grootte is omtrent 2 GB. As die lêer te groot of te duur is om af te laai, kan jy dit op DVD by ’n plaaslike gemeente van Jehovah se Getuies kry. Klik op die aflaai-knoppie om uit te vind of Watchtower Library in jou taal beskikbaar is.
Installeer Watchtower Library
Laai Watchtower Library af en installeer dit op jou rekenaar.
Bywerking van Watchtower Library
Jy kan Watchtower Library toelaat om outomaties vir bywerkings aanlyn te soek, of jy kan self bywerkings aflaai en toepas.