Die Wagtoring en Ontwaak!
Ons tydskrifte, wat op die Bybel gebaseer is, is in honderde tale, insluitende gebaretale, beskikbaar. Die Wagtoring beklemtoon die goeie nuus van God se Koninkryk en bevorder geloof in Jesus Christus. Die Ontwaak! wys hoe om die probleme van vandag te hanteer en bou vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld.

