WATCHTOWER LIBRARY
Algemene vrae – Watchtower Library
Watchtower Library vereis ’n rekenaar of skootrekenaar wat met Microsoft Windows 10 of hoër werk. As jou rekenaar ’n ARM-verwerker het, word Windows 11 vereis.
Om Watchtower Library veilig en betroubaar te hou, is dit partykeer nodig om die minimum vereistes te verhoog om die toepassing te laat werk. Daarom stel ons voor dat jy die bedryfstelsel op jou toestel opgedateer hou. As jy nie jou toestel tot die minimum vereiste weergawe kan opdateer nie, sal die toepassing dalk nie werk nie.
As jy herhaaldelik ’n boodskap kry wat sê dat Watchtower Library nie bygewerk is nie, volg die volgende stappe om die program self by te werk:
Gaan na die blad Bywerking van Watchtower Library op jw.org.
Laai die Watchtower Library-bywerkingspakket vir jou taal af.
Volg die instruksies onder die onderhofie “Pas ’n bywerkingspakket toe”.
As jy nog steeds nie die probleem kan oplos nie, volg die volgende stappe:
In die File Explorer-venster maak die vouer “C:\ProgramData\Watchtower\WTLibrary” oop.
Verwyder die volgende twee lêers:
a. ca-bundle.zip
b. cert.pem
As jy dit moeilik vind om die stappe hierbo te volg, vra ’n vriend wat bekend is met Watchtower Library om jou te help, of kontak ons naaste takkantoor.
’n Vriend wat weet hoe Watchtower Library werk, sal jou dalk kan help. As dit nie moontlik is nie, kontak gerus ons naaste takkantoor.

