Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VRAAG 11

Wat gebeur wanneer iemand sterf?

“Sy gees gaan uit, hy keer terug na die grond. Op daardie dag kom sy gedagtes tot ’n einde.”

Psalm 146:4

“Die lewendes weet dat hulle sal sterf, maar die dooies weet absoluut niks nie. . . . Doen alles wat jou hand vind om te doen met al jou mag, want daar is geen werk of beplanning of kennis of wysheid in die Graf, waarheen jy gaan nie.”

Prediker 9:5, 10

“[Jesus het] bygevoeg: ‘Lasarus, ons vriend, het gaan slaap, maar ek reis soontoe om hom wakker te maak.’ Jesus het egter van sy dood gepraat. Maar hulle het gedink dat hy van gewone slaap praat. Toe het Jesus reguit vir hulle gesê: ‘Lasarus het gesterf.’”

Johannes 11:11, 13, 14