VRAAG 15

Hoe kan jy geluk vind?

“’n Bak groente waar daar liefde is, is beter as ’n vetgemaakte bul waar daar haat is.”

Spreuke 15:17

“Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg.”

Jesaja 48:17

“Gelukkig is dié wat besef dat hulle God nodig het, want die Koninkryk van die hemel behoort aan hulle.”

Matteus 5:3

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Matteus 22:39

“Net soos julle wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.”

Lukas 6:31

“Gelukkig is dié wat die woord van God hoor en dit gehoorsaam!”

Lukas 11:28

“Selfs wanneer iemand ’n oorvloed het, hang sy lewe nie van sy besittings af nie.”

Lukas 12:15

“As ons dan kos en klere het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.”

1 Timoteus 6:8

“Dit maak ’n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang.”

Handelinge 20:35