Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VRAAG 10

Wat belowe die Bybel omtrent die toekoms?

“Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe.”

Psalm 37:29

“Die aarde bestaan vir ewig.”

Prediker 1:4

“Hy sal die dood vir ewig wegneem, en die Soewereine Heer Jehovah sal die trane van alle gesigte afvee.”

Jesaja 25:8

“Dan sal die oë van die blindes kan sien, en die ore van die dowes sal kan hoor. Dan sal die kreupele soos ’n takbok spring, en die tong van die stomme sal van vreugde uitroep. Want waters sal in die wildernis vloei, en strome in die woestyn.”

Jesaja 35:5, 6

“God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie. Die vorige dinge is verby.”

Openbaring 21:4

“Hulle sal huise bou en daarin woon, en hulle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet. Hulle sal nie huise bou sodat ander daarin woon nie, en hulle sal nie plant sodat ander dit eet nie. Want die dae van my volk sal wees soos die dae van ’n boom, en dié wat ek uitgekies het, sal die werk van hulle hande ten volle geniet.”

Jesaja 65:21, 22