VRAAG 18
Hoe kan jy nader aan God kom?
“O Hoorder van gebed, alle soorte mense sal na u toe kom.”
“Vertrou op Jehovah met jou hele hart, en moenie op jou eie begrip staatmaak nie. Neem hom in ag in alles wat jy doen, en hy sal jou paaie gelykmaak.”
“Om die ewige lewe te ontvang, moet hulle u leer ken, die enigste ware God, en ook die een wat u gestuur het, Jesus Christus.”
“[God] is eintlik nie ver van elkeen van ons af nie.”
“Ek bly bid dat julle liefde al hoe meer sal toeneem met akkurate kennis en goeie oordeel.”
“As een van julle dan wysheid nodig het, moet hy aanhou om God te vra, want hy gee oorvloedig aan almal sonder om te verwyt, en hy sal wysheid ontvang.”
“Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom. Reinig julle hande, julle sondaars, en suiwer julle harte, julle besluiteloses.”
“Die liefde vir God beteken dat ons sy gebooie gehoorsaam. En tog is sy gebooie nie swaar nie.”