VRAAG 12
Watter hoop is daar vir die dooies?
“Moenie hieroor verbaas wees nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is, sy stem sal hoor en sal uitkom.”
“Daar [sal] ’n opstanding van die regverdiges en die onregverdiges . . . wees.”
“Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en boekrolle is oopgemaak. Maar ’n ander boekrol is oopgemaak. Dit is die boekrol van die lewe. Die dooies is geoordeel volgens wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle dade. En die see het die dooies gegee wat daarin was, en die dood en die Graf het die dooies gegee wat in hulle was, en elkeen van die dooies is volgens hulle dade geoordeel.”