Psalms 3:1-8

  • Vertroue in God ondanks gevaar

    • ‘Hoekom so baie vyande?’ (1)

    • “Redding behoort aan Jehovah” (8)

’n Melodie van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.+ 3  O Jehovah, hoekom het my vyande so baie geword?+ Hoekom is daar so baie wat teen my opstaan?+   Baie sê van my:* “God sal hom nie red nie.”+ (Sela)*   Maar u, o Jehovah, is ’n skild rondom my.+ U is my heerlikheid+ en die Een wat my kop oplig.+   Ek sal hardop tot Jehovah roep,en hy sal my antwoord van sy heilige berg af.+ (Sela)   Ek sal gaan lê en slaap,en ek sal in veiligheid wakker word,want Jehovah hou aan om my te ondersteun.+   Ek is nie bang vir die tienduisendewat my van alle kante af omsingel nie.+   Staan op, o Jehovah! Red my,+ o my God! Want u sal al my vyande op die kakebeen slaan. U sal die tande van die goddeloses breek.+   Redding behoort aan Jehovah.+ U seën rus op u volk. (Sela)

Voetnote

Of “my siel”.