Psalms 107:1-43

  • Dank God vir sy wonderlike werke

    • Hy het hulle regte pad laat volg (7)

    • Hy het hulle dors geles, hulle honger gestil (9)

    • Hy het hulle uit donkerte uitgebring (14)

    • Hy het sy woord gestuur en hulle genees (20)

    • Hy beskerm armes teen onderdrukking (41)

(Psalm 107-150) 107  Dank Jehovah, want hy is goed.+ Sy lojale liefde duur vir ewig.+   Só moet dié sê wat deur Jehovah teruggekoop* is,dié wat hy uit die hand* van die vyand teruggeëis het,+   wat hy uit die lande bymekaargemaak het,+uit die ooste en die weste,*uit die noorde en die suide.+   Hulle het in die wildernis rondgedwaal, in die woestyn. Hulle het nie ’n pad gevind na ’n stad waar hulle kon woon nie.   Hulle was honger en dors,en hulle was heeltemal uitgeput.   Hulle het tot Jehovah bly roep toe hulle in die nood was,+en hy het hulle gered uit hulle moeilike situasie.+   Hy het hulle die regte pad laat volg,+sodat hulle by ’n stad kon kom waar hulle kon woon.+   Laat mense Jehovah dank+ vir sy lojale liefdeen vir sy wonderlike werke ter wille van mense.+   Want hy het dié wat dors is, iets gegee om te drink,en dié wat honger is, met goeie dinge gevul.+ 10  Party het in die diepste donkerte gewoon,gevangenes wat swaarkry en in ysterboeie is. 11  Want hulle het in opstand gekom teen die woord van God. Hulle het geen respek gehad vir die raad van die Allerhoogste nie.+ 12  Daarom het hy hulle harte verneder deur hulle te laat ly.+ Hulle het gestruikel, en daar was niemand om hulle te help nie. 13  Hulle het tot Jehovah om hulp geroep toe hulle in die nood was,en hy het hulle gered uit hulle moeilike situasie. 14  Hy het hulle uit die diepste donkerte uitgebring,en hy het hulle kettings afgeruk.+ 15  Laat mense Jehovah dank vir sy lojale liefde+en vir sy wonderlike werke ter wille van mense. 16  Want hy het die koperdeure afgebreeken die ystergrendels stukkend gekap.+ 17  Hulle was onverstandig en het swaargekry+as gevolg van hulle oortredings en hulle foute.+ 18  Hulle het hulle eetlus heeltemal verloor.* Hulle het by die poorte van die dood omgedraai. 19  Hulle het tot Jehovah om hulp geroep toe hulle in die nood was,en hy het hulle gered uit hulle moeilike situasie. 20  Hy het sy woord gestuur en hulle genees+en hulle gered uit die putte waarin hulle vasgevang was. 21  Laat mense Jehovah dank vir sy lojale liefdeen vir sy wonderlike werke ter wille van mense. 22  Laat hulle dankoffers bring+en sy werke bekend maak met uitroepe van vreugde. 23  Dié wat met skepe op die see vaar,wat handel dryf op die uitgestrekte water,+ 24  het die werke van Jehovah gesien,en sy wonderlike werke in die dieptes.+ 25  Sy woord laat ’n windstorm opkom+en lig die golwe van die see op. 26  Hulle styg op na die hemel. Hulle duik af na die dieptes. Hulle moed smelt weg as gevolg van die rampspoed wat kom. 27  Hulle steier en slinger soos ’n dronk man,en al hulle vaardighede is nutteloos.+ 28  Dan roep hulle tot Jehovah wanneer hulle in die nood is,+en hy red hulle uit hulle moeilike situasie. 29  Hy laat die windstorm bedaar,en die golwe van die see word stil.+ 30  Hulle word bly wanneer dit tot rus kom. Hy lei hulle na die hawe waarheen hulle wil gaan. 31  Laat mense Jehovah dank vir sy lojale liefdeen vir sy wonderlike werke ter wille van mense.+ 32  Laat hulle hom in die gemeente van die volk verheerlik,+en laat hulle hom in die vergadering* van die ouermanne loof. 33  Hy verander riviere in ’n woestyn,en waterfonteine in dorre grond,+ 34  vrugbare land in ’n onvrugbare land+as gevolg van die goddeloosheid van dié wat daarin woon. 35  Hy verander die woestyn in waterpoele vol riete,en droë grond in waterfonteine.+ 36  Hy laat dié wat honger is, daar woon,+sodat hulle ’n stad kan stig om in te woon.+ 37  Hulle saai saad in landerye en plant wingerde+wat oorvloedige oeste oplewer.+ 38  Hy seën hulle, en hulle word baie meer. Hy laat nie toe dat hulle beeste minder word nie.+ 39  Maar hulle word weer min en word vernederas gevolg van onderdrukking, rampspoed en hartseer. 40  Hy bring skande oor heersersen laat hulle ronddwaal in ’n wildernis sonder paaie.+ 41  Maar hy beskerm die armes teen onderdrukking+en laat hulle families so baie word soos ’n kudde. 42  Die regverdiges sien dit en is bly,+maar al die onregverdiges hou hulle mond.+ 43  Enigiemand wat wys is, sal hierdie dinge sien+en sal diep nadink oor Jehovah se dade van lojale liefde.+

Voetnote

Of “teruggeëis”.
Of “mag”.
Of “uit die sonsopkoms en uit die sonsondergang”.
Of “Hulle het alle voedsel gehaat”.
Lett. “sitplek”.