Psalms 29:1-11

  • Jehovah se kragtige stem

    • Aanbidding in heilige klere (2)

    • God se stem soos donderslae (3)

    • Jehovah gee sy volk krag (11)

’n Melodie van Dawid. 29  Gee Jehovah wat hy verdien, o seuns van die magtiges,gee Jehovah wat hy verdien weens sy heerlikheid en krag.+   Gee Jehovah die eer wat sy naam verdien. Buig voor Jehovah neer* in heilige klere.*   Die stem van Jehovah word oor die waters gehoor. Die stem van die glorieryke God dreun soos donderslae.+ Jehovah is oor baie waters.+   Die stem van Jehovah is kragtig.+ Die stem van Jehovah is glorieryk.   Die stem van Jehovah breek die sederbome. Ja, Jehovah vernietig die sederbome van die Liʹbanon.+   Hy laat die Liʹbanon-berge rondhuppel soos ’n kalf,en Sirjon+ soos ’n jong wilde bul.   Die stem van Jehovah laat vuurvlamme uitskiet.+   Die stem van Jehovah laat die wildernis bewe.+ Jehovah laat die wildernis van Kades+ sidder.   Die stem van Jehovah laat die takbokke bewe en geboorte gee,en dit stroop die woude kaal.+ En almal in sy tempel sê: “Heerlikheid aan God!” 10  Jehovah sit op sy troon bo die vloedwaters.*+ Jehovah sit vir ewig as Koning op sy troon.+ 11  Jehovah sal vir sy volk krag gee.+ Jehovah sal sy volk met vrede seën.+

Voetnote

Of “Aanbid Jehovah”.
Of moontlik “as gevolg van die prag van sy heiligheid”.
Of “die hemelse oseaan”.