Psalms 28:1-9

  • Psalmis se gebed gehoor

    • ‘Jehovah, my sterkte en skild’ (7)

Van Dawid. 28  Ek bly tot u roep, o Jehovah my Rots.+ Luister tog na my. As u my nie antwoord nie,sal ek word soos dié wat na die graf afgaan.+   Hoor my smekinge wanneer ek tot u om hulp roepen my hande oplig na die binneste vertrek van u heiligdom.+   Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, saam met dié wat skadelike dinge beoefen nie,+dié wat op ’n vreedsame manier met hulle medemens praat terwyl daar goddeloosheid in hulle hart is.+   Betaal hulle terug vir hulle dade,+volgens hulle goddelose gewoontes. Betaal hulle terug vir die werk van hulle hande,volgens wat hulle gedoen het.+   Want hulle skenk geen aandag aan die bedrywighede van Jehovah+of aan die werk van sy hande nie.+ Hy sal hulle afbreek en hulle nie opbou nie.   Mag Jehovah geloof word,want hy het my smekinge om hulp gehoor.   Jehovah is my sterkte+ en my skild.+ My hart vertrou op hom.+ Ek het sy hulp ontvang, en my hart is baie bly. Daarom sal ek hom loof met my lied.   Jehovah is ’n sterkte vir sy volk. Hy is ’n vesting wat groot reddingsdade vir sy gesalfde verrig.+   Red u volk, en seën u erfdeel.+ Wees vir hulle ’n herder en dra hulle vir ewig in u arms.+

Voetnote