Psalms 45:1-17

  • Gesalfde koning se huwelik

    • Aangename woorde (2)

    • “God is u troon vir ewig” (6)

    • Koning verlang na bruid se skoonheid (11)

    • Seuns as hoofde regoor aarde (16)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. Van die seuns van Korag.+ Maskil.* ’n Liefdeslied. 45  My hart is geroer deur iets goeds. Ek sê: “My lied* is oor ’n koning.”+ Mag my tong die pen*+ van ’n vaardige kopiis* wees.+   U is die aantreklikste van al die mense. Aangename woorde vloei oor u lippe.+ Daarom het God u vir ewig geseën.+   Maak u swaard+ aan u sy vas, o magtige,+in u waardigheid en u prag.+   Gaan in u prag voort tot oorwinning.*+ Ry ter wille van waarheid en nederigheid en regverdigheid.+ U regterhand sal ontsagwekkende dinge doen.*   U pyle is skerp en laat die volke voor u val.+ Hulle deurboor die harte van die koning se vyande.+   God is u troon vir ewig en altyd.+ Die septer van u koninkryk is ’n septer van geregtigheid.+   U was lief vir regverdigheid+ en het goddeloosheid gehaat.+ Daarom het God, u God, u met die olie van vreugde+ gesalf,+ meer as u metgeselle.   Al u klere is gegeur met mirre en aalwynhout en kassia. Vanuit die groot ivoorpaleis maak snaarinstrumente u bly.   Die dogters van konings is onder u geëerde vrouens. Die koningin het aan u regterhand gaan staan, geklee in goud van Ofir.+ 10  Luister, o dogter, skenk aandag en luister. Vergeet van jou volk en jou vader se huis. 11  En die koning sal na jou skoonheid verlang,want hy is jou heer. Buig dus voor hom neer. 12  Die dogter van Tirus sal met ’n geskenk kom. Die rykste mense sal jou goedkeuring soek.* 13  In die paleis* is die koning se dogter absoluut pragtig. Haar klere is met goud versier.* 14  Sy sal na die koning gebring word in klere wat pragtig geweef is.* Die maagde* wat haar volg, word voor u gebring. 15  Hulle sal met blydskap en vreugde gebring word. Hulle sal in die koning se paleis ingaan. 16  U seuns sal die plek van u voorvaders inneem. U sal hulle as hoofde regoor die aarde aanstel.+ 17  Ek sal u naam in alle toekomstige geslagte bekend maak.+ Daarom sal volke u vir ewig en altyd loof.

Voetnote

Lett. “werke”.
Of “stif”.
Of “oorskrywer”.
Of “sukses”.
Of “sal u ontsagwekkende dinge leer”.
Of “aangesig versag”.
Lett. “Binne”.
Of “het goue borduurwerk”.
Of moontlik “in geborduurde klere”.
Of “maagdelike metgeselle”.