Psalms 84:1-12

  • Verlange na God se groot tabernakel

    • Leviet se verlange om soos voël te wees (3)

    • “’n Dag in u voorhowe” (10)

    • “God is ’n son en ’n skild” (11)

Vir die musiekleier: Op die Gittit.* Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie. 84  Hoe lieflik* is u groot tabernakel,+o Jehovah van die leërmagte!   My hele wese verlang,ja, ek smag van verlange,na die voorhowe van Jehovah.+ My hart en my vlees roep vreugdevol uit tot die lewende God.   Selfs die voël vind ’n tuiste daar,en die swaeltjie ’n nes vir haar,waar sy vir haar kleintjies sorgnaby u groot altaar, o Jehovah van die leërmagte,my Koning en my God!   Gelukkig is dié wat in u huis woon!+ Hulle hou aan om u te loof.+ (Sela)   Gelukkig is die mense wat hulle krag in u vind,+wie se hart begeer om op die paaie te wees wat na u huis lei.   Wanneer hulle deur die Baka-vallei* trek,verander hulle dit in ’n plek met fonteine,en die vroeë reën beklee dit* met seëninge.   Terwyl hulle stap, kry hulle al hoe meer krag.+ Elkeen verskyn voor God in Sion.   O Jehovah, God van die leërmagte, hoor my gebed. Luister, o God van Jakob. (Sela)   Ons skild+ en ons God, kyk tog,*kyk na die gesig van u gesalfde.+ 10  Want ’n dag in u voorhowe is beter as ’n duisend op enige ander plek!+ Ek verkies om by die drumpel van die huis van my God te staaneerder as om in die tente van goddeloosheid te bly. 11  Want Jehovah God is ’n son+ en ’n skild.+ Hy gee sy goedkeuring en eer. Jehovah sal niks goeds terughouvan dié wat ’n weg van integriteit* volg nie.+ 12  O Jehovah van die leërmagte,gelukkig is die mens wat op u vertrou.+

Voetnote

Of “baie geliefd”.
Of “die vallei van bakabosse”.
Of moontlik “en die onderrigter beklee hom”.
Of moontlik “Kyk na ons skild, o God”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.