Psalms 73:1-28

  • Godvresende man kry sy geestelike balans terug

    • “My voete het amper afgedwaal” (2)

    • “Die hele dag lank was ek ongelukkig” (14)

    • ‘Totdat ek in God se heiligdom ingegaan het’ (17)

    • Goddeloses op glibberige grond (18)

    • Goed om nader aan God te kom (28)

’n Melodie van Asaf.+ 73  God is werklik goed vir Israel, vir dié wat suiwer van hart is.+   Maar my voete het amper afgedwaal. My voete het amper gegly.+   Want ek het jaloers geword op die hoogmoediges*toe ek die vrede van die goddeloses gesien het.+   Want hulle het geen pyn wanneer hulle sterf nie. Hulle liggaam is gesond.*+   Hulle het nie probleme soos ander mense nie,+en hulle ly nie soos ander nie.+   Daarom is hoogmoed vir hulle ’n versiering om hulle nek.+ Geweld bedek hulle soos ’n kleed.   Hulle voorspoed* laat hulle oë uitpeul. Hulle het meer as wat hulle hulle ooit kon voorstel.   Hulle spot en sê goddelose dinge.+ Hoogmoedig dreig hulle om ander te onderdruk.+   Hulle praat asof hulle so hoog soos die hemel is,en hulle tong spog op die aarde. 10  Daarom loop God se* volk agter hulle aan,en hulle drink van hulle oorvloedige water. 11  Hulle sê: “Hoe weet God?+ Het die Allerhoogste regtig kennis?” 12  Ja, so is die goddeloses, wie se lewe altyd maklik is.+ Hulle hou aan om hulle rykdom te vermeerder.+ 13  Ek het seker verniet my hart suiwer gehouen my hande in onskuld gewas.+ 14  Die hele dag lank was ek ongelukkig.+ Ek is elke oggend gestraf.+ 15  Maar as ek hierdie dinge gesê het,sou ek u volk* verraai het. 16  Toe ek dit probeer verstaan het,was dit vir my moeilik, 17  totdat ek in die groot heiligdom van God ingegaan heten ek besef het wat hulle toekoms sal wees. 18  U plaas hulle op glibberige grond,+sodat hulle sal val en vernietig word.+ 19  Hoe skielik word hulle vernietig!+ Hoe skielik kom hulle tot ’n verskriklike einde! 20  Soos ’n droom wat iemand vergeet wanneer hy wakker word, o Jehovah,so sal u hulle beeld laat verdwyn* wanneer u wakker word. 21  Maar my hart was verbitterd,+en diep binne-in my* het ek intense pyn gevoel. 22  Ek was onverstandig en sonder begrip. Ek was soos ’n verstandelose dier voor u. 23  Maar nou is ek heeltyd by u. U het my regterhand gevat.+ 24  U lei my met u raad,+en daarna sal u my tot heerlikheid lei.+ 25  Wie het ek in die hemel? En behalwe u begeer ek niks op die aarde nie.+ 26  My liggaam en my hart mag dalk ingee,maar God is vir ewig die rots van my hart en my deel.+ 27  Dié wat ver van u af wegbly, sal vernietig word. U sal ’n einde maak aan enigiemand* wat ontrou is en u verlaat.*+ 28  Maar wat my betref, dit is vir my goed om nader aan God te kom.+ Ek soek beskerming by die Soewereine Heer Jehovah. Al u werke maak ek bekend.+

Voetnote

Of “grootpraters”.
Of “Hulle maag is vet”.
Lett. “vet”.
Lett. “sy”.
Lett. “die geslag van u seuns”.
Lett. “hulle beeld verag”.
Lett. “in my niere”.
Lett. “sal almal stilmaak”.
Of “u op onsedelike wyse verlaat”.