Psalms 128:1-6

  • Gelukkig is dié wat Jehovah vrees

    • Vrou soos vrugbare wingerdstok (3)

    • “Mag jy Jerusalem sien floreer” (5)

’n Lied van die opgange. 128  Gelukkig is enigiemand wat Jehovah vrees,+wat Sy weë volg.+   Jy sal die opbrengs eet waarvoor jou hande hard gewerk het. Jy sal gelukkig en voorspoedig wees.+   Jou vrou sal soos ’n vrugbare wingerdstok in jou huis wees.+ Jou kinders sal soos jong takkies van ’n olyfboom rondom jou tafel wees.   Kyk! So sal die man geseën wordwat Jehovah vrees.+   Jehovah sal jou vanuit Sion seën. Mag jy Jerusalem sien floreer al die dae van jou lewe,+   en mag jy die seuns van jou seuns sien. Mag daar vrede oor Israel wees.

Voetnote