Psalms 2:1-12

  • Jehovah en sy gesalfde

    • Jehovah lag vir nasies (4)

    • Jehovah huldig sy koning in (6)

    • Eer die seun (12)

2  Hoekom is die nasies so onrustigen beraam die volke nuttelose planne?*+  2  Die konings van die aarde neem stelling in,en hoë amptenare span saam* soos een man+teen Jehovah en teen sy gesalfde.*+  3  Hulle sê: “Laat ons hulle kettings afruken hulle toue van ons af weggooi!”  4  Die Een wat op sy troon in die hemel sit, sal lag. Jehovah sal hulle bespot.  5  Dan sal hy in sy woede met hulle praaten hulle met sy brandende woede laat bang word.  6  Hy sal sê: “Ek het self my koning ingehuldig+op Sion,+ my heilige berg.”  7  Laat ek die besluit van Jehovah verkondig. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun.+ Vandag het ek jou vader geword.+  8  Vra my, en ek sal nasies as jou erfdeel gee,en die eindes van die aarde as jou besitting.+  9  Jy sal hulle met ’n ystersepter breek,+en jy sal hulle soos ’n kleipot stukkend slaan.”+ 10  En nou, o konings, toon insig. Aanvaar dissipline,* o regters van die aarde. 11  Dien Jehovah met vrees,en wees bly met diep respek. 12  Eer* die seun,+ anders sal God* kwaad worden sal julle van die weg verwyder word,+want Sy woede vlam vinnig op. Gelukkig is almal wat by Hom beskerming soek.

Voetnote

^ Of “mompel (bepeins) die volke iets leegs?”
^ Of “beraadslaag”.
^ Of “sy Christus”.
^ Of “Wees gewaarsku”.
^ Lett. “Soen”.
^ Lett. “hy”.