Psalms 140:1-13
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
140 Red my, o Jehovah, van goddelose mense.
Beskerm my teen gewelddadige mense,+
2 dié wat slegte planne in hulle hart beraam+en die hele dag lank konflik veroorsaak.
3 Hulle maak hulle tong skerp soos dié van ’n slang.+
Die gif van slange is agter hulle lippe.+ (Sela)
4 Beskerm my, o Jehovah, teen die hande van die goddeloses.+
Bewaar my van gewelddadige mense,dié wat planne beraam om my te laat val.
5 Die hoogmoediges steek ’n strik vir my weg,en met toue sprei hulle ’n net uit langs die pad.+
Hulle stel strikke vir my.+ (Sela)
6 Ek sê vir Jehovah: “U is my God.
Luister, o Jehovah, na my smekinge om hulp.”+
7 O Jehovah, die Soewereine Heer, my sterk Redder,u beskerm my kop op die dag van die geveg.+
8 O Jehovah, moenie die goddeloses gee wat hulle wil hê nie.
Moenie toelaat dat hulle planne sukses behaal nie, sodat hulle nie dink dat hulle belangrik is nie.+ (Sela)
9 Mag die koppe van dié wat my omsingel,bedek word met die slegtheid van hulle eie lippe.+
10 Mag brandende kole op hulle neerreën.+
Mag hulle in die vuur gegooi word,in diep putte*+ waaruit hulle nooit weer sal kom nie.
11 Mag die lasteraar geen plek op die aarde* vind nie.+
Mag slegte dinge mense van geweld agternasit en hulle doodmaak.
12 Ek weet dat Jehovah die hulpeloses sal verdedigen geregtigheid sal gee aan die armes.+
13 Die regverdiges sal u naam beslis loof.
Dié wat reg lewe, sal in u teenwoordigheid woon.+