Psalms 17:1-15
’n Gebed van Dawid.
17 Hoor my smeking om geregtigheid, o Jehovah.
Skenk aandag aan my geroep om hulp.
Luister na my gebed, wat in opregtheid gesê is.+
2 Oordeel my asseblief in regverdigheid,+en mag u oë sien wat reg is.
3 U het my hart ondersoek, u het my in die nag ondersoek,+u het my gesuiwer.+
U sal vind dat ek geen slegte planne beraam het nie,en my mond het nie oortree nie.
4 Maak nie saak wat mense doen nie,ek bly by die woord van u lippe en vermy die paaie van die rower.+
5 Laat my voetstappe op u spore bly,sodat my voete nie sal struikel nie.+
6 Ek roep u aan, want u sal my antwoord,+ o God.
Skenk aandag aan* my. Hoor my woorde.+
7 Toon u lojale liefde op ’n wonderlike wyse,+o Redder van dié wat by u regterhand beskerming soekteen dié wat teen u in opstand kom.
8 Bewaar my soos die appel van u oog.+
Steek my weg in die skaduwee van u vlerke.+
9 Beskerm my teen die goddeloses wat my aanval,teen my vyande wat my omsingel en my wil doodmaak.+
10 Hulle het ongevoelig geword,en met hulle mond praat hulle hoogmoedig.
11 Nou omsingel hulle ons,+en hulle wag vir ’n kans om ons ondergang te veroorsaak.*
12 Hy is soos ’n leeu wat gretig is om sy prooi te verskeur,soos ’n jong leeu wat wegkruip en wag vir sy kans.
13 Staan op, o Jehovah, om hom teë te staan+ en hom op sy knieë te bring.
Red my van die goddelose met u swaard.
14 Red my met u hand, o Jehovah,van mense van hierdie wêreld,* wie se deel in hierdie lewe is,+dié wat u vul met die goeie dinge wat u voorsien+en wat ’n erfdeel vir hulle baie kinders agterlaat.
15 Maar in regverdigheid sal ek u gesig sien.
Ek is tevrede om wakker te word in u teenwoordigheid.*+
Voetnote
^ Of “Buig neer en luister na”.
^ Of “om ons op die grond neer te gooi”.
^ Of “stelsel van dinge”.
^ Of “en u gedaante te sien”.