Psalms 47:1-9

  • God, Koning oor hele aarde

    • ‘Jehovah is ontsagwekkend’ (2)

    • Sing lofliedere vir God (6, 7)

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie. 47  Alle volke, klap julle hande. Loof God, roep van vreugde uit.   Want Jehovah, die Allerhoogste, is ontsagwekkend.+ Hy is die groot Koning oor die hele aarde.+   Hy onderwerp volke onder ons. Hy plaas nasies onder ons voete.+   Hy kies ons erfdeel uit vir ons,+die trots van Jakob, vir wie hy lief is.+ (Sela)   God het opgegaan terwyl daar ’n gejuig was. Jehovah het opgegaan terwyl die geluid van die horing* gehoor is.   Sing lofliedere* vir God, sing lofliedere. Sing lofliedere vir ons Koning, sing lofliedere.   Want God is Koning oor die hele aarde.+ Sing lofliedere en toon insig.   God het Koning geword oor die nasies.+ God sit op sy heilige troon.   Die leiers van die volke het bymekaargekomsaam met die volk van die God van Abraham. Want die heersers* van die aarde behoort aan God. Hy is hoog bo almal.+

Voetnote

Of “ramshoring; trompet”.
Of “Maak musiek”.
Lett. “skilde”.