Psalms 89:1-52
Maskil.* Van Etan,+ die Esrahiet.
89 Ek sal vir ewig van Jehovah se lojale liefde sing.
Met my mond sal ek u getrouheid aan alle geslagte bekend maak.
2 Want ek het gesê: “Lojale liefde sal vir ewig duur,*+en u het u getrouheid stewig gevestig in die hemel.”
3 “Ek het ’n verbond gemaak met die een wat ek uitgekies het.+
Ek het vir my kneg Dawid gesweer:+
4 ‘Ek sal jou nageslag* tot in ewigheid stewig vestig,+en ek sal jou troon van geslag tot geslag opbou.’”+ (Sela)
5 Die hemele prys u wonders, o Jehovah,ja, u getrouheid in die gemeente van die heiliges.
6 Want wie in die hemelruim kan met Jehovah vergelyk word?+
Wie onder die seuns van God+ is soos Jehovah?
7 Die vergadering* van heiliges het groot ontsag vir God.+
Hy is groot en ontsagwekkend vir almal om hom.+
8 O Jehovah, God van die leërmagte,wie is magtig soos u, o Jah?+
U is getrou in alles wat u doen.+
9 U regeer oor die onstuimigheid van die see.+
Wanneer sy golwe opkom, laat u hulle bedaar.+
10 U het Rahab+ verslaan en doodgemaak.+
U het u vyande met u sterk arm verstrooi.+
11 Die hemel behoort aan u, en die aarde ook.+
Die vrugbare land en alles daarop+ – u het dit gevestig.
12 Die noorde en die suide – u het dit geskep.
Tabor+ en Hermon+ prys u naam met vreugde.
13 U arm is magtig.+
U hand is sterk.+
U regterhand is hoog opgelig.+
14 Regverdigheid en geregtigheid is die fondament van u troon.+
Lojale liefde en getrouheid staan voor u.+
15 Gelukkig is die volk wat die uitroepe van vreugde ken.+
O Jehovah, hulle geniet u goedheid.*
16 In u naam vind hulle die hele dag vreugde,en deur u regverdigheid word hulle verheerlik.
17 Want u is hulle heerlikheid en hulle krag,+en deur u goedkeuring kry ons groter krag.*+
18 Want ons skild behoort aan Jehovah.
Ons koning behoort aan die Heilige van Israel.+
19 In daardie tyd het u in ’n visioen met u lojales gepraat en gesê:
“Ek het krag aan ’n sterk man gegee.+
Ek het die een wat onder die volk uitgekies is, verheerlik.+
20 Ek het my kneg Dawid gevind.+
Met my heilige olie het ek hom gesalf.+
21 My hand sal hom ondersteun,+en my arm sal hom versterk.
22 Geen vyand sal enigiets van hom eis nie,en geen onregverdige persoon sal hom onderdruk nie.+
23 Ek sal sy vyande voor hom vernietig+en dié wat hom haat, doodmaak.+
24 My getrouheid en lojale liefde is met hom,+en in my naam sal hy groter krag kry.*
25 Ek sal sy hand* oor die see plaas,en sy regterhand oor die riviere.+
26 Hy sal tot my roep: ‘U is my Vader,my God en die Rots van my redding.’+
27 En ek sal hom die eersgeborene maak,+die hoogste van die konings van die aarde.+
28 Ek sal my lojale liefde vir ewig aan hom betoon,+en my verbond met hom sal nooit tot ’n einde kom nie.+
29 Ek sal sy nageslag* vir ewig laat bestaan,en sy troon solank as wat die hemel daar is.+
30 As sy kinders my wet verlaaten my bevele* nie gehoorsaam nie,
31 as hulle my wetsbepalings verbreeken my gebooie nie gehoorsaam nie,
32 dan sal ek hulle met ’n stok straf vir hulle ongehoorsaamheid*+en met slae vir hulle oortreding.
33 Maar ek sal nooit my lojale liefde van hom af wegneem+of my belofte verbreek nie.*
34 Ek sal nie my verbond verbreek nie,+en ek sal nie verander wat my lippe gesê het nie.+
35 Ek het eens en vir altyd in my heiligheid gesweer.
Ek sal nie vir Dawid leuens vertel nie.+
36 Sy nageslag* sal vir ewig bestaan,+en sy troon solank as wat die son voor my is.+
37 Soos die maan sal dit vir ewig stewig gevestig wees
as ’n getroue getuie in die hemelruim.” (Sela)
38 Maar u het hom verstoot en verwerp.+
U het woedend geword vir u gesalfde.
39 U het die verbond met u kneg verwerp.
U het sy kroon ontheilig deur dit op die grond te gooi.
40 U het al sy klipmure* afgebreek.
U het sy vestings verwoes.
41 Almal wat verbygaan, het hom beroof.
Sy bure het hom bespot.+
42 U het sy teenstanders laat oorwin.*+
U het al sy vyande vreugdevol laat word.
43 U het ook sy swaard teruggedryf,en u het hom nie in die geveg ondersteun nie.
44 U het ’n einde gemaak aan sy pragen het sy troon op die grond neergegooi.
45 U het die dae van sy jeug kortgeknip.
U het hom met skande geklee. (Sela)
46 Hoe lank, o Jehovah, sal u uself verberg? Vir ewig?+
Sal u woede aanhou brand soos ’n vuur?
47 Onthou tog hoe kort my lewe is!+
Het u alle mense verniet geskep?
48 Watter man kan lewe sonder om ooit die dood te sien?+
Kan hy homself* red uit die mag van die Graf?* (Sela)
49 Waar is u vroeëre dade van lojale liefde, o Jehovah,wat u in u getrouheid aan Dawid met ’n eed belowe het?+
50 Dink aan hoe u knegte uitgetart word, o Jehovah,aan hoe ek die getart van al die volke moet verduur.*
51 Dink aan hoe u vyande die spot gedryf het, o Jehovah,aan hoe hulle elke voetstap van u gesalfde beledig het.
52 Mag Jehovah vir ewig geloof word. Amen en Amen.+
Voetnote
^ Of “opgebou word”.
^ Lett. “saad”.
^ Of “raad”.
^ Lett. “hulle wandel in die lig van u gesig”.
^ Lett. “word ons horing opgelig”.
^ Lett. “sal sy horing opgelig word”.
^ Of “gesag”.
^ Lett. “saad”.
^ Of “oordele”.
^ Of “opstandigheid”.
^ Lett. “of ontrou wees aan my getrouheid nie”.
^ Lett. “saad”.
^ Of “klipskuilings”.
^ Lett. “die regterhand van sy teenstanders opgelig”.
^ Of “sy siel”.
^ Lett. “in my boesem dra”.