Psalms 38:1-22

  • Gebed van berouvolle wat ly

    • “Angstig en baie mismoedig” (6)

    • Jehovah luister na dié wat op hom wag (15)

    • “My sonde het my gepla” (18)

’n Melodie van Dawid, om as ’n herinnering te dien. 38  O Jehovah, moet my nie in u woede teregwysof my in u woede dissiplineer nie.+   Want u pyle het diep in my ingegaan,en u hand druk swaar op my.+   My hele liggaam is siek* as gevolg van u woede. Daar is geen vrede in enige van my bene as gevolg van my sonde nie.+   Want my oortredings hang oor my kop,+soos ’n swaar vrag is hulle te veel vir my om te dra.   My wonde stink en sweeras gevolg van my dwaasheid.   Ek is angstig en baie mismoedig. Ek loop die hele dag lank hartseer rond.   Dit brand binne-in my.* My hele liggaam is siek.+   Ek het alle gevoel verloor en heeltemal verpletter geword. My angstige hart laat my hardop kreun.*   O Jehovah, al my begeertes is voor u,en wanneer ek sug, is dit nie vir u weggesteek nie. 10  My hart klop hewig, my krag is weg,en die lig van my oë het my verlaat.+ 11  My vriende en my geliefdes vermy my as gevolg van my plaag,en dié wat na aan my is, bly weg van my af. 12  Dié wat my wil doodmaak, stel strikke. Dié wat iets slegs aan my probeer doen, praat van vernietiging.+ Hulle mompel die hele dag lank bedrieglike dinge. 13  Maar soos iemand wat doof is, het ek nie geluister nie.+ Soos iemand wat stom is, het ek nie my mond oopgemaak nie.+ 14  Ek het geword soos ’n man wat nie kan hoor nie,wie se mond niks het om as verdediging te sê nie. 15  Want op u, o Jehovah, het ek gewag,+en u het my geantwoord, o Jehovah my God.+ 16  Want ek het gesê: “Laat hulle nie lekker kry as gevolg van my rampspoedof op my neersien as my voet gly nie.” 17  Want ek was op die punt om inmekaar te sak,en ek was altyd in pyn.+ 18  Ek het my oortreding bely.+ My sonde het my gepla.+ 19  Maar my vyande is vol lewe* en magtig,*dié wat my sonder rede haat, het baie geword. 20  Hulle het my terugbetaal met slegtheid vir die goeie wat ek doen. Hulle het my teëgestaan omdat ek probeer doen wat goed is. 21  Moet my nie verlaat nie, o Jehovah. O God, moenie ver van my af bly nie.+ 22  Kom tog gou en help my,o Jehovah, my redding.+

Voetnote

Lett. “Daar is geen gesonde plek in my vlees nie”.
Lett. “My lendene is vol van ’n gebrand”.
Of “brul”.
Lett. “lewend”.
Of moontlik “Maar dié wat sonder rede my vyande is, is baie”.