Psalms 105:1-45
105 Dank Jehovah,+ roep sy naam aan!
Maak sy dade onder die volke bekend!+
2 Sing vir hom, sing lofliedere* vir hom.
Dink na oor* al sy wonderlike werke.+
3 Spog oor sy heilige naam.+
Laat die hart van almal wat Jehovah dien,* bly wees.+
4 Soek Jehovah+ en sy krag.
Soek altyd sy goedkeuring.
5 Dink aan sy wonderlike dade,sy wonderwerke en sy oordele,+
6 o nageslag* van Abraham, sy kneg,+o kinders van Jakob, dié wat hy uitgekies het.+
7 Hy is Jehovah ons God.+
Sy oordele geld vir die hele aarde.+
8 Hy onthou sy verbond vir ewig.+
Hy dink tot in ’n duisend geslagte aan die belofte wat hy gemaak het,*+
9 die verbond wat hy met Abraham gemaak het,+en die eed wat hy aan Isak gesweer het.+
10 Hy het dit as ’n bevel vir Jakob vasgestel,en as ’n permanente verbond vir Israel,
11 toe hy gesê het: “Ek sal vir jou die land Kanaän gee+as jou erfdeel.”+
12 Daar was toe min van hulle,+ja, baie min, en hulle was uitlanders in die land.+
13 Hulle het van nasie tot nasie getrek,van een koninkryk na die ander.+
14 Hy het nie toegelaat dat enigiemand hulle onderdruk nie,+maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys+
15 en gesê: “Moenie aan my gesalfdes raak nie,en moet niks slegs aan my profete doen nie.”+
16 Hy het ’n hongersnood oor die land laat kom.+
Hy het hulle voedselvoorraad laat opraak.*
17 Hy het ’n man voor hulle uit gestuurwat as ’n slaaf verkoop is – Josef.+
18 Hulle het boeie aan sy voete gesit,+en sy nek is in ysters gesit.*
19 Tot die tyd dat sy woord waar geword het,+is hy gesuiwer deur wat Jehovah gesê het.
20 Die koning het ’n bevel gegee om hom vry te laat.+
Die heerser van die volke het hom bevry.
21 Hy het hom as meester van sy huis aangestel,as heerser oor al sy eiendom,+
22 om volle gesag oor sy hoë amptenare te hê*en om sy ouermanne wysheid te leer.+
23 Toe het Israel na Egipte gekom,+en Jakob het as ’n uitlander in die land van Gam gewoon.
24 God het sy volk baie vrugbaar gemaak.+
Hy het hulle magtiger laat word as hulle vyande.+
25 Hy het hulle harte laat verander om sy volk te haaten om slinkse planne teen sy knegte te beraam.+
26 Hy het sy kneg Moses gestuur,+en Aäron,+ wat hy uitgekies het.
27 Hulle het sy tekens onder hulle gedoen,sy wonderwerke in die land van Gam.+
28 Hy het duisternis gestuur, en die land het donker geword.+
Hulle het nie teen sy woorde in opstand gekom nie.
29 Hy het hulle water in bloed veranderen hulle visse doodgemaak.+
30 Hulle land het gewemel van paddas,+selfs in die koninklike kamers.
31 Op sy bevel het steekvlieë gekom,en muggies in al hulle gebiede.+
32 Hy het hulle reën in hael veranderen weerlig* oor hulle land gestuur.+
33 Hy het hulle wingerdstokke en hulle vyebome getrefen die bome van hulle gebied vernietig.
34 Hy het gesê dat die sprinkane moet kom,jong sprinkane wat nie getel kon word nie.+
35 Hulle het al die plante in die land verslind,en hulle het die opbrengs van die grond verslind.
36 Toe het hy elke eersgeborene in hulle land doodgemaak,+die begin van hulle voortplantingsvermoë.
37 Hy het sy volk met silwer en goud uitgelei,+en niemand onder sy stamme het gestruikel nie.
38 Egipte was bly toe hulle vertrek het,want hulle het baie bang geword vir Israel.*+
39 Hy het ’n wolk uitgesprei om hulle af te skerm,+en vuur om lig te gee in die nag.+
40 Hulle het gevra, en hy het kwartels gebring.+
Hy het hulle met brood uit die hemel bly versadig.+
41 Hy het ’n rots oopgemaak, en water het uitgevloei.+
Dit het soos ’n rivier deur die woestyn gevloei.+
42 Want hy het gedink aan die heilige belofte wat hy aan sy kneg Abraham gemaak het.+
43 Hy het sy volk met uitroepe van vreugde uitgelei,+die volk wat hy uitgekies het, met ’n vreugdevolle geroep.
44 Hy het die lande van nasies aan hulle gegee.+
Hulle het geërf wat ander volke hard gewerk het om voort te bring,+
45 sodat hulle sy bevele sou gehoorsaam+en sy wette sou nakom.
Loof Jah!*
Voetnote
^ Of “maak musiek”.
^ Of moontlik “Praat van”.
^ Lett. “soek”.
^ Of “nakomelinge”. Lett. “saad”.
^ Lett. “die woord wat hy beveel het”.
^ Lett. “elke broodstok gebreek”. Moontlik stokke waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.
^ Of “sy siel het in yster gekom”.
^ Of “om sy leiers te bind volgens wat vir sy siel aangenaam was”.
^ Of “vuurvlamme”.
^ Lett. “hulle”.
^ Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.