Psalms 116:1-19
116 Ek is lief vir Jehovah,want hy hoor* my stem, my smekinge om hulp.+
2 Want hy skenk aandag aan* my,+en ek sal hom aanroep solank as wat ek lewe.*
3 Die toue van die dood was om my.
Die Graf het my in sy greep gehad.*+
Ek was oorweldig deur angs en droefheid.+
4 Maar ek het die naam van Jehovah aangeroep:+
“O Jehovah, red my!”
5 Jehovah is vol medelye* en is regverdig.+
Ons God is genadig.+
6 Jehovah bewaar die onervarenes.+
Ek het swak geword, en hy het my gered.
7 Laat my siel* weer rus,want Jehovah was goed vir my.
8 U het my van die dood gered,my oog van trane, my voet van struikeling.+
9 Ek sal Jehovah dien* in die land van die lewendes.
10 Ek het geloof gehad, en daarom het ek gepraat.+
Ek het baie swaargekry.
11 Ek het paniekerig geraak en gesê:
“Alle mense is leuenaars.”+
12 Waarmee sal ek Jehovah terugbetaalvir al die goeie dinge wat hy vir my gedoen het?
13 Ek sal die beker van redding* optel,en ek sal die naam van Jehovah aanroep.
14 Ek sal my geloftes aan Jehovah betaalin die teenwoordigheid van sy hele volk.+
15 Jehovah beskou dit as ’n groot verlies*as sy lojales sterf.+
16 Ek smeek u, o Jehovah,want ek is u kneg.
Ek is u kneg, die seun van u slavin.
U het my van my kettings bevry.+
17 Ek sal ’n dankoffer aan u bring,+en ek sal die naam van Jehovah aanroep.
18 Ek sal my geloftes aan Jehovah betaal+in die teenwoordigheid van sy hele volk,+
19 in die voorhowe van die huis van Jehovah,+in jou, o Jerusalem.
Loof Jah!*+