Psalms 80:1-19

  • Versoek aan Israel se Herder om weer sy goedkeuring te geniet

    • “O God, laat ons weer u goedkeuring geniet” (3)

    • Israel as God se wingerdstok (8-15)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. ’n Herinnering. Van Asaf.+ ’n Melodie. 80  O Herder van Israel, luister,u wat Josef net soos ’n kudde lei.+ U wat op u troon bo* die gerubs sit,+laat u lig tog skyn.*   Wek tog u mag op+voor Eʹfraim en Benjamin en Manasʹse. Kom red ons.+   O God, laat ons weer u goedkeuring geniet.+ Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+   Jehovah, God van die leërmagte, hoe lank sal u vyandig wees* teenoor u volk en weier om na hulle gebede te luister?+   U gee vir hulle trane om as brood te eet,en u laat hulle ’n oorvloed trane drink.   U laat ons bure oor ons stry. Ons vyande hou aan om ons te spot net soos hulle wil.+   O God van die leërmagte, laat ons weer u goedkeuring geniet. Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+   U het ’n wingerdstok+ uit Egipte laat gaan. U het die nasies verdryf en dit geplant.+   U het plek daarvoor gemaak,en dit het wortelgeskiet en die land gevul.+ 10  Die berge is deur sy skaduwee bedek,en die sederbome van God deur sy takke. 11  Sy takke het tot by die see gestrek,en sy jong takkies tot by die Rivier.*+ 12  Hoekom het u die klipmure van die wingerd afgebreek+sodat almal wat verbygaan, die vrugte daarvan pluk?+ 13  Die wildevarke van die woud verniel dit,en die wilde diere van die veld vreet daaraan.+ 14  O God van die leërmagte, keer asseblief terug. Kyk af uit die hemel en sien! Sorg vir hierdie wingerdstok,+ 15  die stok* wat u regterhand geplant het,+en kyk na die seun* wat u vir uself sterk gemaak het.+ 16  Dit is met vuur verbrand,+ afgekap. Hulle sterf as gevolg van u straf. 17  Mag u hand die man aan u regterhand ondersteun,die mensekind wat u vir uself sterk gemaak het.+ 18  Dan sal ons nie van u af wegdraai nie. Bewaar ons lewe, sodat ons u naam kan aanroep. 19  O Jehovah, God van die leërmagte, laat ons weer u goedkeuring geniet. Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+

Voetnote

Of moontlik “tussen”.
Of “openbaar u stralende prag”.
Of “u woede rook”.
Die Eufraatrivier.
Of “hoofstam van die wingerdstok”.
Of “tak”.