Psalms 25:1-22
Van Dawid.
א [Alef]
25 O Jehovah, ek rig my tot u.
ב [Bet]
2 My God, ek vertrou op u.+
Moenie toelaat dat ek verneder word nie.+
Moenie toelaat dat my vyande lekker kry as gevolg van my rampspoed nie.+
ג [Gimel]
3 Niemand wat op u hoop, sal ooit verneder word nie.+
Maar skande wag op dié wat sonder rede bedrieglik is.+
ד [Dalet]
4 Maak u weë aan my bekend, o Jehovah.+
Leer my u paaie.+
ה [He]
5 Laat my u weg van waarheid volg en leer my,+want u is my God van redding.
ו [Waw]
Op u hoop ek die hele dag.
ז [Zajin]
6 Onthou u genade, o Jehovah, en u lojale liefde,+wat u nog altyd betoon het.*+
ח [Get]
7 Moenie die sondes van my jong dae en my oortredings onthou nie.
Onthou my in ooreenstemming met u lojale liefde,+ter wille van u goedheid, o Jehovah.+
ט [Tet]
8 Jehovah is goed en regverdig.+
Daarom leer hy sondaars hoe om te lewe.+
י [Jod]
9 Hy sal die nederiges lei in wat reg is,*+en hy sal die nederiges sy weg leer.+
כ [Kaf]
10 Al die paaie van Jehovah is lojale liefde en getrouheidvir dié wat sy verbond hou+ en sy herinneringe gehoorsaam.+
ל [Lamed]
11 Ter wille van u naam, o Jehovah,+vergewe tog my oortreding, al is dit groot.
מ [Mem]
12 Wie is die man wat Jehovah vrees?+
Hy sal hom leer watter weg hy moet kies.+
נ [Noen]
13 Hy sal ondervind wat goed is,+en sy nakomelinge* sal die aarde in besit neem.+
ס [Samek]
14 Hegte vriendskap met Jehovah behoort aan dié wat hom vrees,+en hy maak sy verbond aan hulle bekend.+
ע [Ajin]
15 My oë is altyd op Jehovah,+want hy sal my voete uit die net bevry.+
פ [Pe]
16 Draai u gesig na my toe en wees genadig teenoor my,want ek is alleen en hulpeloos.
צ [Tsade]
17 Die angs in my hart het erger geword.+
Bevry my van my angs.
ר [Resj]
18 Sien hoe ek swaarkry en watter probleme ek ondervind,+en vergewe al my sondes.+
19 Kyk hoe baie vyande het eken hoe intens hulle my haat.
ש [Sjin]
20 Bewaar my lewe en red my.+
Moenie toelaat dat ek verneder word nie, want ek het beskerming by u kom soek.
ת [Taw]
21 Laat integriteit* en getrouheid my bewaar,+want ek hoop op u.+
22 O God, red* Israel uit al sy moeilikhede.