Psalms 99:1-9
99 Jehovah het Koning geword.+ Laat die volke bewe.
Hy sit op sy troon bo* die gerubs.+ Laat die aarde skud.
2 Jehovah is groot in Sion,en hy is hoog bo al die volke.+
3 Laat hulle u groot naam prys,+want dit is ontsagwekkend en heilig.
4 Hy is ’n magtige koning wat lief is vir geregtigheid.+
U het regverdigheid stewig gevestig.
U het gesorg dat daar geregtigheid en regverdigheid+ in Jakob is.
5 Verheerlik Jehovah ons God,+ en buig neer* voor sy voetbank.+
Hy is heilig.+
6 Moses en Aäron was onder sy priesters,+en Samuel was onder dié wat sy naam aangeroep het.+
Hulle het Jehovah aangeroep,en hy het hulle geantwoord.+
7 Hy het uit die wolkkolom met hulle gepraat.+
Hulle het sy herinneringe en die bevel wat hy vir hulle gegee het, gehoorsaam.+
8 O Jehovah ons God, u het hulle geantwoord.+
U was ’n God wat hulle vergewe het,+maar u het hulle gestraf* vir hulle sondige dade.+
9 Verheerlik Jehovah ons God,+en buig neer* voor sy heilige berg,+want Jehovah ons God is heilig.+
Voetnote
^ Of moontlik “tussen”.
^ Of “aanbid”.
^ Lett. “wraak uitgeoefen teen hulle”.
^ Of “aanbid”.