Psalms 48:1-14
’n Lied. ’n Melodie van die seuns van Korag.+
48 Jehovah is groot en verdien beslis om geloof te wordin die stad van ons God, op sy heilige berg.
2 Die berg Sion in die verre noorde+is pragtig as gevolg van haar hoë posisie, die vreugde van die hele aarde,die stad van die Groot Koning.+
3 In haar versterkte toringshet God bekend gemaak dat hy ’n veilige skuilplek* is.+
4 Kyk! Konings het bymekaargekom.*
Saam het hulle uitgegaan.
5 Toe hulle dit sien, was hulle verbaas.
Hulle het bang geword en in vrees gevlug.
6 Daar het hulle erg begin beween pyn gehad soos dié van ’n vrou wat geboorte gee.
7 Met ’n oostewind vernietig u die skepe van Tarsis.
8 Waarvan ons gehoor het, het ons nou self gesienin die stad van Jehovah van die leërmagte, in die stad van ons God.
God sal dit vir ewig stewig vestig.+ (Sela)
9 Ons peins oor u lojale liefde, o God,+in u tempel.
10 Soos u naam, o God, strek u loftot aan die eindes van die aarde.+
U regterhand is vol regverdigheid.+
11 Laat die berg Sion+ bly wees,laat die dorpe* van Juda bly wees as gevolg van u oordele.+
12 Loop om Sion en gaan reg rondom haar.
Tel die torings.+
13 Vestig julle aandag op die versterkte mure.*+
Ondersoek die versterkte torings,sodat julle toekomstige geslagte daarvan kan vertel.
14 Want hierdie God is vir ewig en altyd ons God.+
Hy sal ons vir ewig lei.*+
Voetnote
^ Of “veilige hoogte”.
^ Of “volgens afspraak byeengekom”.
^ Lett. “dogters”.
^ Of “die skanse”.
^ Of moontlik “lei totdat ons sterf”.