Psalms 90:1-17

  • God bestaan vir ewig; mens se lewe is kort

    • Duisend jaar is soos gister (4)

    • Mens lewe 70-80 jaar (10)

    • ‘Leer ons om ons dae te tel’ (12)

’n Gebed van Moses, die man van die ware God.+ 90  O Jehovah, u was van geslag tot geslag ons woonplek.*+   Voordat die berge gebore isen u die aarde en die vrugbare land gemaak het,*+ja, van ewigheid tot ewigheid is u God.+   U laat die sterflike mens tot stof terugkeer. U sê: “Keer terug, o mensekinders.”+   Want ’n duisend jaar is in u oë net soos gister wanneer dit verby is,+net soos ’n nagwaak.   U vee hulle weg,+ en hulle word maar net soos slaap. In die oggend is hulle soos gras wat uitspruit.+   In die oggend bring dit bloeisels voort en word dit hernu,maar in die aand verlep dit en droog dit uit.+   Want ons is verteer deur u woede,+en ons is baie bang as gevolg daarvan.   U plaas ons oortredings voor u.*+ Ons geheime word bekend deur die lig van u gesig.+   Ons dae* verdwyn as gevolg van u woede,en ons jare kom tot ’n einde soos ’n fluistering.* 10  Die dae van ons lewe is 70 jaar,of 80+ as iemand besonder sterk is.* Maar dit is vol probleme en hartseer. Dit gaan vinnig verby, en dan is* ons weg.+ 11  Wie kan die krag van u woede verstaan? U woede is so groot soos die vrees wat u verdien.+ 12  Leer ons om ons dae so te tel+dat ons ’n hart van wysheid kan verkry. 13  Keer terug, o Jehovah!+ Hoe lank sal dit aanhou?+ Voel jammer vir u knegte.+ 14  Versadig ons in die oggend met u lojale liefde,+sodat ons ons hele lewe lank van vreugde kan uitroep en kan bly wees.+ 15  Gee ons net soveel dae van vreugde as die dae van swaarkry wat u ons laat ondervind het,+as die jare van rampspoed wat ons ondervind het.+ 16  Mag u knegte u dade sien,en mag hulle seuns u prag sien.+ 17  Mag ons die goedkeuring van Jehovah ons God geniet. Mag u die werk van ons hande suksesvol maak.* Ja, maak die werk van ons hande suksesvol.+

Voetnote

Of moontlik “ons skuilplek”.
Of “asof met geboortepyne voortgebring het”.
Of “U is bewus van ons oortredings”.
Of “lewe”.
Of “sug”.
Of “weens besondere krag”.
Lett. “vlieg”.
Of “stewig vestig”.