Psalms 27:1-14
Van Dawid.
27 Jehovah is my lig+ en my redding.
Vir wie moet ek bang wees?+
Jehovah is die vesting van my lewe.+
Wie moet ek vrees?
2 Toe goddelose mense my aangeval het om my vlees te verslind,+was dit my teenstanders en my vyande wat gestruikel en geval het.
3 Al slaan ’n leërmag kamp op rondom my,sal my hart nie vrees nie.+
Al breek oorlog teen my uit,sal ek selfs dan vol vertroue bly.
4 Een ding het ek van Jehovah gevra
– dit is wat ek graag wil hê –dat ek al die dae van my lewe in die huis van Jehovah mag woon,+om die lieflikheid van Jehovah te sienen met waardering na sy tempel te kyk.*+
5 Want hy sal my in die dag van rampspoed in sy skuilplek wegsteek.+
Hy sal my wegsteek in die geheime plek van sy tent.+
Hoog op ’n rots sal hy my plaas.+
6 Nou is my kop hoog bo my vyande wat my omsingel.
Ek sal in sy tent offerandes bring en van vreugde uitroep.
Ek sal lofliedere sing* vir Jehovah.
7 Hoor my, o Jehovah, wanneer ek roep.+
Wees genadig teenoor my en antwoord my.+
8 My hart het namens u gepraat en gesê:
“Soek my goedkeuring.”
U goedkeuring, o Jehovah, sal ek soek.+
9 Moenie u gesig van my af wegdraai nie.+
Moenie u kneg in u woede wegwys nie.
U is my helper.+
Moenie my verstoot of verlaat nie, my God van redding.
10 Selfs al verlaat my eie pa en ma my,+sal Jehovah my inneem.+
11 Onderrig my in u weg, o Jehovah.+
Lei my op die pad van regverdigheid as gevolg van my vyande.
12 Moenie my oorlewer aan my vyande nie,+want valse getuies het teen my opgestaan,+en hulle dreig my met geweld.
13 Waar sou ek wees as ek nie geloof gehad hetdat ek Jehovah se goedheid in die land van die lewendes sal sien nie?*+
14 Hoop op Jehovah.+
Wees moedig en sterk van hart.+
Ja, hoop op Jehovah.
Voetnote
^ Of “en nadenkend na sy heiligdom te kyk”.
^ Of “musiek maak”.
^ Of moontlik “Ek het beslis geloof dat ek Jehovah se goedheid in die land van die lewendes sal sien”.