Psalms 95:1-11
95 Kom, laat ons van vreugde uitroep voor Jehovah!
Laat ons van blydskap uitroep voor ons Rots van redding.+
2 Laat ons voor hom kom om hom te dank.+
Laat ons van vreugde voor hom sing en juig.
3 Want Jehovah is ’n groot God,’n groot Koning bo alle ander gode.+
4 In sy hand is die dieptes van die aarde.
Die pieke van die berge behoort aan hom.+
5 Die see, wat hy gemaak het, behoort aan hom,+en sy hande het die droë land gevorm.+
6 Kom, laat ons aanbid en neerbuig.
Laat ons kniel voor Jehovah ons Maker.+
7 Want hy is ons God,en ons is die volk van sy weiding,die skape onder sy sorg.*+
Vandag, as julle na sy stem luister,+
8 moet julle nie julle hart verhard soos by Meʹriba* nie,+soos op die dag van Massa* in die wildernis,+
9 toe julle voorvaders my getoets het nie.+
Hulle het my uitgedaag, al het hulle my werke gesien.+
10 Daardie geslag was 40 jaar lank vir my iets walgliks, en ek het gesê:
“Hulle is ’n volk wat altyd in hulle harte afdwaal.
Hulle het nie my weë leer ken nie.”
11 Ek het dus in my woede gesweer:
“Hulle sal nie in my rus ingaan nie.”+