Psalms 55:1-23

  • Gebed van iemand wat deur vriend verraai is

    • Uitgetart deur hegte vriend (12-14)

    • “Gee jou las vir Jehovah” (22)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Maskil.* Van Dawid. 55  Luister na my gebed, o God,+en moenie my versoek om genade ignoreer nie.*+   Skenk tog aandag aan my en antwoord my.+ My besorgdheid maak my rusteloos,+en ek is baie angstig   as gevolg van wat die vyand sêen weens die druk van die goddelose. Want hulle oorlaai my met probleme,en in hulle woede is hulle vyandig teenoor my.+   My hart pyn binne-in my,+en die angs van die dood oorweldig my.+   Vrees kom oor my, en ek begin bewe,en rillings gaan deur my hele liggaam.   Ek bly sê: “As ek maar net vlerke soos ’n duif gehad het! Ek sou wegvlieg en in veiligheid gaan woon.   Kyk! Ek sou ver weg vlug.+ Ek sou in die wildernis bly.+ (Sela)   Ek sou vinnig na ’n skuilplek gaan,weg van die sterk wind, weg van die storm.”   Verwar hulle, o Jehovah, en laat hulle planne misluk,*+want ek het geweld en konflik in die stad gesien. 10  Dag en nag loop hulle rond op sy mure. Daar is haat en moeilikheid in die stad.+ 11  Vernietiging is daarbinne. Daar is altyd onderdrukking en bedrog op sy openbare plein.+ 12  Want dit is nie ’n vyand wat my uittart nie.+ Anders sou ek dit kon verdra. Dit is nie ’n vyand wat teen my opgekom het nie. Anders sou ek vir hom kon wegkruip. 13  Maar dit is jy, ’n mens soos ek,*+my eie vriend wat ek goed ken.+ 14  Ons het ’n hegte vriendskap geniet. Ons het saam met die menigte na die huis van God geloop. 15  Laat vernietiging hulle inhaal!+ Laat hulle lewend in die Graf* afgaan,want goddeloosheid woon tussen hulle en in hulle. 16  Maar ek sal tot God roep,en Jehovah sal my red.+ 17  In die aand, in die oggend en in die middag voel ek angstig en kreun ek,+en hy hoor my stem.+ 18  Hy sal my vrede gee en my red* van dié wat teen my veg,want baie mense kom teen my op.+ 19  God sal hoor en hulle antwoord,+die Een wat van die ou tyd af op die troon sit.+ (Sela) Hulle sal weier om te verander,hulle wat God nie gevrees het nie.+ 20  Hy* het dié aangeval wat in vrede met hom gelewe het.+ Hy het sy verbond verbreek.+ 21  Sy woorde is gladder as botter,+maar daar is konflik in sy hart. Sy woorde is sagter as olie,maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.+ 22  Gee jou las vir Jehovah,+en hy sal jou ondersteun.+ Hy sal die regverdige nooit laat val* nie.+ 23  Maar u, o God, sal hulle in die diepste put laat afgaan.+ Daardie bloedskuldige en bedrieglike mense sal nie die helfte van hulle dae uitleef nie.+ Maar wat my betref, ek sal op u vertrou.

Voetnote

Of “en moet u nie verberg wanneer ek bid vir hulp nie”.
Lett. “verdeel hulle tong”.
Of “’n mens, my gelyke”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “verlos”.
D.w.s. die voormalige vriend wat in vs. 13 en 14 genoem word.
Of “wankel”.