Psalms 4:1-8

  • Gebed van vertroue in God

    • “Wees kwaad, maar moenie sondig nie” (4)

    • ‘Ek sal in vrede slaap’ (8)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. ’n Melodie van Dawid. 4  Antwoord my wanneer ek roep, o my regverdige God.+ Gee my ’n uitweg* wanneer ek deur moeilike tye gaan. Betoon genade aan my en hoor my gebed.   Mense, hoe lank sal julle my eer in vernedering verander? Hoe lank sal julle lief wees vir wat waardeloos is en soek na wat vals is? (Sela)   Weet dat Jehovah sy lojale kneg op ’n spesiale manier sal behandel.* Jehovah sal hoor wanneer ek tot hom roep.   Wees kwaad, maar moenie sondig nie.+ Sê wat julle te sê het in julle hart, op julle bed, en bly stil. (Sela)   Offer die offerandes van regverdigheid,en vertrou op Jehovah.+   Daar is baie wat vra: “Wie sal ons iets goeds laat sien?” Betoon goedheid aan ons, o Jehovah.+   U het my hart gevul met groter vreugdeas dié wat ’n oorvloedige oes van graan en nuwe wyn het.   Ek sal in vrede gaan lê en slaap,+want u alleen, o Jehovah, laat my in veiligheid woon.+

Voetnote

Lett. “Maak breë ruimte vir my”.
Of “vir homself sal afsonder”.