Psalms 91:1-16

  • Beskerming in God se geheime plek

    • Gered van voëlvanger (3)

    • Beskerming onder God se vlerke (4)

    • Veilig, al val duisende (7)

    • Engele beveel om beskerming te bied (11)

91  Elkeen wat in die geheime plek van die Allerhoogste woon,+sal in die skaduwee van die Almagtige bly.+   Ek sal vir Jehovah sê: “U is my skuilplek* en my vesting,+my God, op wie ek vertrou.”+   Want hy sal jou uit die strik van die voëlvanger red,van die vreeslike siekte wat vernietig.   Met sy vlerke sal hy jou bedek,*en jy sal beskerming daaronder kom soek.+ Sy getrouheid+ sal ’n groot skild+ en ’n beskermende muur* wees.   Jy sal nie bang wees vir die verskriklike dinge van die nag+of vir die pyl wat in die dag vlieg+   of vir die vreeslike siekte wat in die donker rondsluipof vir die vernietiging wat in die middel van die dag skade aanrig nie.   ’n Duisend sal langs jou val,en tienduisend aan jou regterhand,maar dit sal nie naby jou kom nie.+   Jy sal dit net met jou oë sienen ’n ooggetuie wees van hoe die goddeloses gestraf word.   Omdat jy gesê het: “Jehovah is my skuilplek,”*het jy die Allerhoogste jou woonplek* gemaak.+ 10  Geen ramp sal jou tref nie,+en geen plaag sal naby jou tent kom nie. 11  Want hy sal sy engele beveel+om jou te beskerm oral waar jy gaan.+ 12  Hulle sal jou op hulle hande dra,+sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.+ 13  Op die jong leeu en die kobra sal jy trap. Jy sal die maanhaarleeu en die groot slang vertrap.+ 14  God het gesê: “Omdat hy lief is vir my,* sal ek hom red.+ Ek sal hom beskerm omdat hy my naam ken.*+ 15  Hy sal my aanroep, en ek sal hom antwoord.+ Ek sal met hom wees in moeilike tye.+ Ek sal hom red en hom verheerlik. 16  Ek sal hom met ’n lang lewe beloon,+en ek sal hom my reddingsdade* laat sien.”+

Voetnote

Of “toevlug”.
Of “toegang tot jou versper”.
Of “’n skans”.
Of moontlik “vesting; skuilplek”.
Of “toevlug”.
Of “erken”.
Lett. “hy hom aan my verbind het”.
Of “redding deur my”.