Psalms 43:1-5

  • God is Regter en Redder

    • “Stuur u lig en u waarheid uit” (3)

    • “Hoekom het ek alle moed verloor?” (5)

    • “Wag op God” (5)

43  Oordeel my, o God,+verdedig my regsaak+ teen ’n nasie wat dislojaal is. Red my van die man van bedrog en onregverdigheid.   Want u is my God, my vesting.+ Hoekom het u my verwerp? Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyand my onderdruk?+   Stuur u lig en u waarheid uit.+ Laat dit my lei.+ Laat dit my na u heilige berg en na u groot tabernakel lei.+   Dan sal ek na die altaar van God gaan,+na God, my groot vreugde. En ek sal u met die harp loof,+ o God, my God.   Hoekom het ek alle moed verloor? Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my? Wag op God,+want ek sal hom nog loof as my Groot Redder en my God.+

Voetnote