Psalms 58:1-11

  • Daar is ’n God wat aarde oordeel

    • Gebed om goddeloses te straf (6-8)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* 58  Kan julle van regverdigheid praat wanneer julle stilbly?+ Kan julle in geregtigheid oordeel, o mensekinders?+   Julle beplan eerder onregverdigheid in julle hart,+en julle hande versprei geweld in die land.+   Die goddeloses slaan van geboorte af* ’n verkeerde weg in. Hulle het afgedwaal en is leuenaars vandat hulle gebore is.   Hulle gif is soos die gif van slange.+ Hulle is doof soos die kobra wat sy oor toestop   en wat nie na die stem van slangbesweerders luister nie,ongeag hoe vaardig hulle met hulle towerspreuke is.   O God, slaan die tande uit hulle mond! Breek die kakebene van hierdie leeus,* o Jehovah!   Mag hulle verdwyn soos water wat wegloop. Mag Hy sy boog span en hulle met sy pyle laat val.   Mag hulle soos ’n slak wees wat wegsmelt terwyl dit seil. Soos ’n vrou se doodgebore kind wat nooit die son sien nie.   Voordat julle kookpotte die hitte van die doringstruik voel,sal Hy die groen takkie en die brandende takkie wegvee asof in ’n stormwind.+ 10  Die regverdige sal bly wees omdat hy die wraak gesien het.+ Sy voete sal vol van die bloed van die goddeloses wees.+ 11  Dan sal mense sê: “Daar is beslis ’n beloning vir die regverdige.+ Daar is wel ’n God wat op die aarde oordeel.”+

Voetnote

Lett. “van die baarmoeder af”.
Of “jong maanhaarleeus”.