Psalms 52:1-9

  • Vertroue in God se lojale liefde

    • Dié wat oor goddeloosheid spog, gewaarsku (1-5)

    • Goddeloses vertrou op rykdom (7)

Vir die musiekleier. Maskil.* Van Dawid, toe die Edomiet Doëg vir Saul kom sê het dat Dawid na die huis van Ahimeʹleg gekom het.+ 52  Hoekom spog jy oor jou slegte dade, o magtige?+ Die lojale liefde van God duur die hele dag.+   Jou tong, wat so skerp soos ’n skeermes is,+beraam skadelike planne en is bedrieglik.+   Jy het goddeloosheid meer lief as die goeie,en jy lieg meer as wat jy die waarheid praat. (Sela)   Jy is lief vir elke skadelike woord,o bedrieglike tong!   Daarom sal God jou eens en vir altyd afruk.+ Hy sal jou gryp en jou wegruk uit jou tent.+ Hy sal jou uit die land van die lewendes uitruk.+ (Sela)   Die regverdiges sal dit sien en met ontsag vervul word,+en hulle sal vir hom lag.+   “Hier is ’n man wat nie beskerming by God gaan soek het nie,*+maar hy het op sy groot rykdom vertrou+en staatgemaak op* sy eie goddelose planne.”*   Maar ek sal soos ’n gesonde olyfboom in God se huis wees. Ek vertrou op God se lojale liefde,+ vir ewig en altyd.   Ek sal u vir ewig loof, want u het opgetree.+ In die teenwoordigheid van u lojalessal ek op u naam hoop,+ want dit is goed.

Voetnote

Of “wat God nie sy vesting gemaak het nie”.
Of “beskerming gesoek in”.
Of “rampspoede wat hy veroorsaak”.