Psalms 33:1-22
33 Roep uit van vreugde, o regverdiges, as gevolg van Jehovah.+
Dit is gepas dat dié wat reg lewe, hom loof.
2 Loof Jehovah met die harp.
Sing lofliedere* vir hom met ’n tiensnarige instrument.
3 Sing vir hom ’n nuwe lied.+
Speel met vaardigheid op die snaarinstrumente en roep uit van vreugde.
4 Want die woord van Jehovah is reg,+en alles wat hy doen, is betroubaar.
5 Hy is lief vir regverdigheid en geregtigheid.+
Die aarde is gevul met Jehovah se lojale liefde.+
6 Deur die woord van Jehovah is die hemel gemaak,+en alles daarin* deur die gees* van sy mond.
7 Hy maak die seewaters soos ’n dam bymekaar.+
Hy sit die onstuimige waters in stoorkamers.
8 Laat die hele aarde Jehovah vrees.+
Laat die inwoners van die vrugbare land ontsag vir hom hê.
9 Want hy het gepraat, en dit was so.+
Hy het die bevel gegee, en dit het stewig gestaan.+
10 Jehovah het die planne* van die nasies op niks laat uitloop.+
Hy het die planne* van die volke laat misluk.+
11 Maar die besluite* van Jehovah sal vir ewig bly staan.+
Die gedagtes van sy hart is van geslag tot geslag.
12 Gelukkig is die nasie wie se God Jehovah is,+die volk wat hy as sy eie besitting gekies het.+
13 Jehovah kyk af vanuit die hemel.
Hy sien al die mense.+
14 Vanuit sy woonplekkyk hy aandagtig na die inwoners van die aarde.
15 Hy is die Een wat almal se harte vorm.
Hy ondersoek al hulle werke.+
16 Geen koning word deur ’n groot leërmag gered nie.+
’n Magtige man word nie deur sy groot krag gered nie.+
17 Die perd is ’n valse hoop op redding,*+en sy groot krag verseker nie dat ’n mens sal wegkom nie.
18 Kyk! Die oog van Jehovah waak oor dié wat hom vrees,+dié wat op sy lojale liefde wag,
19 om hulle van die dood te red,en om hulle tydens hongersnood aan die lewe te hou.+
20 Ons wag op Jehovah.
Hy is ons helper en ons skild.+
21 Ons harte is bly danksy hom,want ons vertrou op sy heilige naam.+
22 Mag u lojale liefde op ons rus, o Jehovah,+terwyl ons vir u bly wag.+

