Psalms 57:1-11

  • Smeekgebed

    • Beskerming onder God se vlerke (1)

    • Vyande val in hulle eie strik (6)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* Toe hy vir Saul gevlug het, in die grot in.+ 57  Wees genadig teenoor my, o God, wees genadig teenoor my,want ek kom soek beskerming by u,+en in die skaduwee van u vlerke kom soek ek beskerming totdat die rampspoed verbygegaan het.+   Ek roep tot God, die Allerhoogste,tot die ware God, wat ’n einde aan hulle maak vir my.   Hy sal hulp uit die hemel stuur en my red.+ Hy sal die een wat my aanval, laat misluk. (Sela) God sal sy lojale liefde en sy getrouheid stuur.+   Ek is omring deur leeus.+ Ek moet gaan lê tussen mense wat my wil verslind. Hulle tande is spiese en pyle,en hulle tong is ’n skerp swaard.+   Mag u hoog bo die hemel wees, o God. Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+   Hulle het ’n net gespan om my voete te verstrik.+ Ek gaan gebuk onder sorge.+ Hulle het ’n put voor my gegrawe,maar hulle het self daarin geval.+ (Sela)   My hart is standvastig, o God,+my hart is standvastig. Ek sal sing en musiek maak.   Word wakker, o my hele wese.* Word wakker, o snaarinstrument, en jy ook, o harp. Ek sal die dagbreek wakker maak.+   Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah.+ Ek sal onder die nasies vir u lofliedere sing.*+ 10  Want u lojale liefde is groot, so hoog soos die hemel,+en u getrouheid strek tot aan die wolke. 11  Mag u hoog bo die hemel wees, o God. Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+

Voetnote

Lett. “my heerlikheid”.
Of “musiek maak”.