Psalms 64:1-10

  • Beskerming teen slinkse aanvalle

    • “God sal op hulle skiet” (7)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 64  Hoor my stem, o God, terwyl ek smeek.+ Beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand.   Beskerm my teen die geheime planne van goddelose manne,+teen die groot groep oortreders.   Hulle maak hulle tong skerp net soos ’n swaard. Hulle rig hulle wrede woorde soos pyle,   om uit hulle skuilplekke op die onskuldige te skiet. Hulle skiet skielik op hom, sonder om bang te wees.   Hulle hou vas aan hulle slegte bedoelings.* Hulle bespreek hoe om hulle strikke te stel. Hulle sê: “Wie sal dit sien?”+   Hulle soek na nuwe maniere om verkeerde dinge te doen. In die geheim dink hulle hulle slinkse strategie uit.+ Die gedagtes van hulle hart is ’n groot raaisel.   Maar God sal op hulle skiet.+ Skielik sal hulle deur ’n pyl gewond word.   Hulle eie tong sal hulle ondergang veroorsaak.+ Almal wat toekyk, sal hulle kop skud.   Dan sal alle mense bang word,en hulle sal verkondig wat God gedoen het,en hulle sal insig in sy dade hê.+ 10  Die regverdige sal bly wees as gevolg van Jehovah en sal beskerming by hom kom soek.+ Al die opregtes van hart sal van vreugde uitroep.*

Voetnote

Of “Hulle spoor mekaar aan om goddelose dinge te doen”.
Of “sal spog”.