Psalms 22:1-31

  • Van hopeloosheid tot lof

    • “My God, waarom het u my verlaat?” (1)

    • “Hulle werp die lot oor my klere” (18)

    • God word in gemeente geloof (22, 25)

    • Hele aarde sal God aanbid (27)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die takbokooi van die dagbreek”.* ’n Melodie van Dawid. 22  My God, my God, waarom het u my verlaat?+ Waarom is u ver weg wanneer ek redding nodig het,ver weg wanneer ek in pyn uitroep?+   My God, ek bly roep deur die dag, en u antwoord nie,+en in die nag bly ek nie stil nie.   Maar u is heilig,+omring deur* die lofliedere van Israel.   Op u het ons vaders vertrou.+ Hulle het vertrou, en u het hulle bly red.+   Hulle het tot u geroep, en hulle is gered. Hulle het op u vertrou, en hulle is nie teleurgestel nie.+   Maar ek is ’n wurm en nie ’n man nie,iemand wat deur mense bespot word* en op wie die volk neersien.+   Almal wat my sien, spot my.+ Hulle skud hulle kop terwyl hulle met my spot en sê:+   “Hy het hom aan Jehovah toevertrou. Laat Hy hom verlos! Laat Hy hom red as Hy so lief is vir hom!”+   U was die Een wat my uit die baarmoeder gebring het,+die Een wat my veilig laat voel het aan die borste van my moeder. 10  Ek is van geboorte af in u sorg geplaas,*van die baarmoeder af is u my God. 11  Moenie ver van my af bly nie, want moeilikheid is naby,+en ek het geen ander helper nie.+ 12  Baie jong bulle omsingel my.+ Kragtige bulle van Basan omring my.+ 13  Hulle maak hulle mond wyd oop teen my,+soos ’n brullende leeu wat sy prooi verskeur.+ 14  Ek is uitgegooi soos water,en al my bene is uit lit uit. My hart het soos was geword,+en dit smelt diep binne-in my.+ 15  My krag het opgedroog soos ’n gebreekte kleipot.+ My tong sit aan my verhemelte vas.+ U bring my af tot in die stof van die dood.+ 16  Want honde omsingel my.+ Hulle omring my soos ’n groep misdadigers.+ Soos ’n leeu byt hulle my hande en voete.+ 17  Ek kan al my bene tel.+ Hulle kyk en staar na my. 18  Hulle verdeel my klere onder mekaar,en hulle werp die lot oor my klere.+ 19  Maar u, o Jehovah, moenie ver weg bly nie.+ U is my sterkte. Kom tog gou en help my.+ 20  Red my van die swaard,my kosbare lewe* uit die pote* van honde.+ 21  Red my uit die bek van die leeu+ en van die horings van wilde bulle. Antwoord my en red my. 22  Ek sal u naam aan my broers bekend maak.+ Ek sal u in die gemeente loof.+ 23  Julle wat Jehovah vrees, loof hom! Julle almal van die nageslag* van Jakob, verheerlik hom!+ Wees vervul met ontsag vir hom, julle almal van die nageslag* van Israel. 24  Want hy het nie die lyding van die onderdrukte geïgnoreer of sy oë daarvoor toegemaak nie.+ Hy het nie sy gesig van hom af weggedraai nie.+ Toe hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.+ 25  Ek sal u loof in die groot gemeente.+ Ek sal my geloftes betaal voor dié wat hom vrees. 26  Die nederiges sal eet en versadig word.+ Dié wat Jehovah dien,* sal hom loof.+ Mag julle* vir ewig lewe. 27  Die hele aarde sal Jehovah onthou en na hom terugkeer. Al die families van die nasies sal voor u neerbuig.+ 28  Want die koningskap behoort aan Jehovah.+ Hy regeer oor die nasies. 29  Al die voorspoediges* van die aarde sal eet en neerbuig. Almal wat na die stof afgaan, sal voor hom kniel. Nie een van hulle kan hulle lewe red nie. 30  Hulle nakomelinge* sal hom dien. Die geslag wat kom, sal van Jehovah vertel word. 31  Hulle sal kom en van sy regverdigheid praat. Hulle sal die mense wat nog gebore moet word, vertel wat hy gedoen het.

Voetnote

Moontlik ’n deuntjie of ’n musiekstyl.
Of “op die troon tussen (op)”.
Of “’n bespotting vir mense is”.
Lett. “op u gegooi”.
Lett. “my enigste een”, wat verwys na sy siel, of lewe.
Lett. “hand”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “soek”.
Lett. “julle hart”.
Lett. “vettes”.
Lett. “’n Saad”.